Pocahontas is 'n Amerikaanse stilfilm uit 1910.POCAHONTAS Die film is deur die Thanhouser Company vervaardig is. Die draaiboek is deur Lloyd Lonergan geskryf, gebaseer op Lydia Sigourney se gedig Pocahontas uit 1841. Die rolprent is 'n hervertelling van die bekende verhaal van Pocahontas (vertolk deur Anna Rosemond), wat die lewe van kaptein John Smith (vertolk deur George Barnes) red. Sy word deur die Engelse gevange geneem en as gyselaar aangehou, bekeer haar tot die Christendom en trou met Rolfe (vertolk deur Frank H. Crane). Pocahontas word daarna siek en sterf; in haar laaste ure verlang sy daarna om na haar tuisland terug te keer. Die rolprent is op 11 Oktober 1910 vrygestel en is deur die meeste resensente geprys. Daar word geglo dat 'n replika van Henry Hudson se skip, die Halve Maen, vir die openings-toneel gebruik is om die landing by Jamestown uit te beeld. Hoewel daar op geringe foute met kostuums en historiese akkuraatheid gewys is, is die rolprent geprys as synde van die hoogste gehalte onder onafhanklike maatskappye. Daar word vermoed dat die rolprent verlore gegaan het.
Storielyn Hoewel daar vermoed word dat die rolprent verlore is, het 'n samevatting daarvan in The Moving Picture World van 15 Oktober 1910 behoue gebly. Dit lui soos volg: "Kaptein John Smith kom na Amerika as die leier van 'n groep Engelse koloniste en vestig hom in Jamestown, Virginië. Terwyl hy aan die hoof van die kolonie staan, onderneem Smith 'n verkenningsreis na die binneland, waar hy gevange geneem word deur koning Powhatan, die erkende leier van al die inheemse volke in Virginië. Powhatan beveel dat sy gevangene tereggestel moet word. Net toe die dodelike knuppel op die punt staan om neer te kom, werp Pocahontas, die koning se gunstelingdogter, haarself voor haar vader. Sy pleit so vurig dat die wit man se lewe gespaar moet word, dat Powhatan toegee en beveel dat hy vrygelaat word. Kaptein Smith keer veilig na sy vriende terug. Later word Pocahontas deur die Engelse gevange geneem en as gyselaar aangehou. Terwyl sy in gevangenskap verkeer, bekeer sy haar tot die Christendom en word sy verlief op Rolfe, 'n aantreklike jong Engelsman. Hulle trou in 'n eenvoudige kerkie in Jamestown, en die Indiaanse prinses seil saam met haar man na Engeland. Daar word sy met koninklike eer deur koning Jakobus I ontvang, maar die eksotiese blom kan nie oorplanting oorleef nie. Sy word gou siek en sterf, en in haar laaste ure word sy besoek deur visioene van die tuiste in die wildernis waarheen sy sou terugkeer as sy kon." "Volume 2: Filmography - Pocahontas". Thanhouser Films: An Encyclopedia and History. 1995. Q. David Bowers. Geargiveer op 27 Februarie 2015. Besoek 26 Februarie 2015.}}
Hoofrolspelers Anna Rosemond as Pocahontas George Barnes as John Smith Frank Hall Crane as John Rolfe
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Stilrolprente