duimnael|425x425px|'n foto van 'n vuurmier Vuurmier, veral die indringende Rooi Ingevoerde Vuurmier (Solenopsis invicta), wat die wetenskaplike naam van die mier is. Hierdie miere is een van die mees veerkragtige en sterkste insekte ter wêreld. Hulle het oorspronklik in die vloedvlaktes van Suid-Amerika voorgekom en is per ongeluk in die 1930's met skepe na Noord-Amerika oorgedra . Daarna het hulle in groot getalle oor Asië, Australië en in Europa versprei.

Die aanvalstrategie van 'n vuurmier is baie pynlik as gevolg van die presiese fisiese en chemiese stelsels agter die aanval. Wanneer die vuurmiere hul gebied moet verdedig, gebruik hulle hul sterk kake (die dinge op hul gesigte) om in die vel van ander diere te byt, wat die miere toelaat om dieper in die vel in te dring. Die vuurmier se angel bevat ook gif, wat as solenopsis bekend staan. Die miere se steek laat 'n brandende sensasie agter en binne 24 uur is die plek waar die mier jou gesteek het sigbaar. As jy dit krap, is daar 'n kans dat jy 'n velinfeksie kan opdoen.

Buiten hul sterk verdediging, is hulle ook bekend vir hul beroemde fisiese ingenieursvaardighede. Wanneer daar swaar reëns is, tree die hele mierkolonie as een organisme op. Die werkermiere neem die koninginmier en die eiers, en dan voeg hulle hul liggame saam om 'n lewende boot te skep . Dit stel hulle in staat om vir dae of weke lank op die water te dryf totdat hulle droë grond bereik.

Ten spyte van dit alles, word hierdie miere deur wetenskaplikes bestudeer. Daar word geglo dat hul gif help wanneer dit kom by die instandhouding van gesonde velbarriëres .

Verwysings

https://fireantspecialists.com/resources/fire-ant-facts.html

https://pmc.ncbi.nlm.nih.gov/articles/PMC3093451/

https://www.labmanager.com/fire-ant-venom-compounds-may-lead-to-skin-treatments-6601