Edmund I (921 – 26 Mei 946), met die bynaam "die Manjifieke" of "die Ouere", was van 939 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van Eduard die Ouere en die halfbroer van sy voorganger, Athelstan.

Edmund moes gou ná sy troonbestyging militêre bedreigings die hoof bied. Koning Olaf I van Dublin het Northumbrië verower en die Middellande binnegeval. Ná Olaf se dood in 942 het Edmund die gebied herower. Hy het ook opstande deur die Dene in Mercië onderdruk.

Edmund is tydens ’n fees in sy eie woning vermoor deur Leofa, ’n verbanne misdadiger wat ook in die geveg dood is.John van Worcester, Chronicon AD 946; William van Malmesbury, Gesta regum, boek 2, hoofstuk 144. Hy is opgevolg deur sy broer Edred.

Ook sy seuns Edwy en Edgar het later koning geword.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Edmund I van Engeland

Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 921 Kategorie:Huis van Wessex Kategorie:Sterftes in 946