Edred (923 – 955) was van 946 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van Eduard die Ouere en sy derde vrou, Eadgifu van Kent, en het sy broer Edmund I opgevolg.
In die Anglo-Saxon Chronicle word vertel hoe hy Northumbrië in 946 onder sy beheer gekry het.Anglo-Saxon Chronicle MSS D en E, in Engels vertaal deur Michael J. Swanton, The Anglo-Saxon Chronicles. 2de uitg. Londen, 2000. Hy het latere probleme in die noorde onderdruk deur Skandinawiese aanspraakmakers op die troon te verslaan.
Edred het ’n spysverteringsprobleem gehad wat veroorsaak het dat hy feitlik nie kon eet nie en dit het eindelik sy lewe geëis. Hy is op 23 November 955 in Frome, Somerset, dood.Anglo-Saxon Chronicle MSS A, D en E, 955, MSS B en C, 956. Hy was ongetroud en is opgevolg deur sy broerskind Edwy.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Edred
Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 923 Kategorie:Huis van Wessex Kategorie:Sterftes in 955