Die Piaste (Pools: Piastowie) was 'n Poolse dinastie wat tussen die 9de en 17de eeu met talle hertoë en konings 'n belangrike rol in die geskiedenis van die land gespeel het. Die Piaste het hulle oorsprong in die Polane, 'n vroeë Poolse stam, terwyl die naam Piaste na hul legendariese stamvader Piast verwys.

Die term "Piaste-dinastie" is vir die eerste keer in die 18de eeu deur die Poolse geskiedkundige Adam Naruszewicz (1733-1796) gebruik.

Verwysings

Kategorie:Europese koningshuise Kategorie:Geskiedenis van Pole