KwaZakhele is ‘n oorwegend Xhosasprekende woonbuurt van Gqeberha in die Oos-Kaap.

Die buurt lê noord van die middestad rondom die punt 33° 52′ 33″ suid en 25° 34′ 27″ oos. Amsterdamhoek, Blouwaterbaai en die Swartkopsrivier is ten noorde daarvan. Verder grens dit aan Deal Party, Ibhayi, New Brighton en Zwide.

In die jare 1954 tot 1960 is inwoners van die krotbuurt by Korsten na die plaas Fishwater Flats verskuif en is die nuwe buurt genaamd KwaZakhele, met die betekenis van ’’waar mense hul eie huise bou’’, aangelê.

Misdaad Op 29 Januarie 2023 was die woonbuurt die toneel van ‘n ernstige skietvoorval waarin 8 mense sterf en 3 ernstig beseer is.

Bibliogafie https://www.mapquest.com/za/eastern-cape/kwazakhele-362375879 https://www.mindat.org/feature-985177.html

Kategorie:Voorstede van Port Elizabeth