Koppieskraalpan is op die Hakskeenpan na die grootste pan van die nagenoeg 60 panne in Gordonia noord van die Oranjerivier.

Ligging Hierdie pan is by 26° 55′ 50″ suid, 20° 19′ 30″ oos, net suid van die Hakskeenpan, suidwes van die Kgalagadi-vredespark en 55 km wes van Askham.

Pan Hierdie droë soutpan van 10 000 ha is 10 km in deursnee. Die panvloer is van klei sodat dit water hou na reën. Die onderliggende rotslaag is nie diep onder die sand nie. Omdat die vloer van die pan so gelyk is, kan met 'n motor daaroor gery word. Hierdie en al die ander panne is oorblyfsels van 'n stelsel riviere wat honderde jare gelede uit die Kunenerivier en die Zambezirivier suidwaarts na die Nossobrivier en die Moloporivier en dus die Oranjerivier geloop het.

Ekonomie Op die oewer word met kamele en skape geboer. Vir toeriste is daar aan die westekant ‘n kampeerterrein en voetslaanpaaie. 140 voëlspesies is al in die kontrei waargeneem. Weens die afwesigheid van ligbesoedeling in die omgewing is sig saans uitstekend vir die waarneming van sterre.

Lees ook Farini Kalahari-pannestreek Kalahari-besproeiingskema

Bibliografie kameelplaas.co.za Lancaster, N.: Pans in the southwestern Kalahari – a preliminary report. https://www.researchgate.net/profile/Nicholas-Lancaster/publication/237080628_Pans_in_the_southwestern_Kalahari_A_preliminary_report/links/55ae901b08ae98e661a6ec07/Pans-in-the-southwestern-Kalahari-A-preliminary-report.pdf

Kategorie:Noord-Kaap