Piesangpasta is 'n soort pasta wat gemaak word met piesangs as hoofbestanddeel. Die produk word gewoonlik vervaardig van onryp, groen piesangs wat gedroog en daarna tot piesangmeel gemaal word. Piesangpasta is 'n glutenvrye voedsel. Die produk kan gedroog word vir latere gebruik of direk na voorbereiding gaargemaak word. Piesangpasta word soos standaard pasta gaargemaak, gewoonlik deur dit te kook. 'n Studie het bevind dat piesangpasta 'n hoër waterabsorpsietempo het in vergelyking met standaardpasta, wat hoër opbrengste na kook lewer.
In 2012 het navorsers van die Universiteit van Brasília bevind dat piesangpasta 'n waardevolle produk kan wees vir mense met saliakie, en dat piesangpasta vergeleke met volgraanpasta minder kalorieë en vet bevat, ryker is aan proteïene en goedkoper is om te produseer. Die produk het ook belofte getoon as 'n manier om groen piesangs te benut, wat min industriële gebruike en 'n lae kommersiële waarde het.
Geskiedenis In 2012 het voedselwetenskaplikes aan die Universiteit van Brasília 'n studie onderneem oor die ontwikkeling van 'n piesangpasta uit groen piesangs, wat tot meel gemaal is. Hulle het hul bevindings in die Journal of the Academy of Nutrition and Dietetics gepubliseer. In 'n smaaktoets waaran 25 deelnemers met saliakie('n siekte wat veroorsaak word deur 'n nadelige reaksie op gluten) en 50 sonder die aandoening deelgeneem het, het albei groepe die geur van piesangpasta verkies bou ander glutenvrye pastasoorte, soos dié wat van bruinrys, sojabone, quinoa en aartappels gemaak is. Die groep sonder saliakie het ook pasta oontvang wat van koringmeel gemaak is, as 'n vergelykingsmaatstaf. Gunstige terugvoer was hoër onder diegene met saliakie, en laer onder diegene wat nie die siekte gehad het nie. Ook het die nie-saliakie groep "die groen piesangpasta dieselfde as volgraanpasta vir geur, aroma en voorkoms beoordeel en die tekstuur van die piesanggereg beter gehou".
Vergeleke met volgraanpasta, het die navorsers bevind dat piesangpasta ryker is aan proteïene,minder vet en kalorieë bevat en goedkoper is om te vervaardig as volgraanpasta. Daar is ook aangedui dat piesangpasta kan bydra tot die beheer van dermreëlmatigheid en glukemiese indekse as gevolg van die hoë vlakke van weerstandige stysel in piesangpasta.
Verwysings
Kategorie:Pasta