duimnael|regs|Gesig op die gebied uit die Internasionale Ruimtestasie Kraggakamma is die historiese naam vir die gebied tussen die Van Stadensrivier en die Swartkopsrivier in die Oos-Kaap.
In die middel van die 18de eeu is die area bewoon deur die Gonokwastam van die Khoikhoi. Port Elizabeth en Uitenhage is gestig en het tot stede ontwikkel en die naam Kraggakamma het slegs behoue gebly vir ‘n landelike buitestedelike streek aan die westekant van Gqeberha. Die area is veral bekend om sy gholfbaan en dierepark. Groenbossies, Sunlands, Colleen Glen, Lorraine en Framesby omring die huidige Kraggakamma.
Oorlewering wil dit hê dat kraggakamma in die taal van die Khoikhoi die betekenis het van “rivier vol klippies”.
Bibliografie Raper, P.E.: Streekname in Suid-Afrika en Suidwes. Naamkundereeks, nr. 1. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers vir die Suid-Afrikaanse Naamkundesentrum van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Instituut vir Taal, Lettere en Kuns, 1972. ISBN 0-624-00182-2
Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Streke van die Oos-Kaap Kategorie:Port Elizabeth