Die karooviooltjie (Aptosimum procumbens) is 'n klein struik wat deel van die Scrophulariaceae familie is. Die spesie is inheems aan Botswana, Lesotho en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die spesie in die Noord-Kaap, Noordwes, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.

Die spesie staan ook as die braambossie, brandblare, kankerbos, kinkhoesbossie, seeroogbossie en wildeviolet bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

procumbens Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika