duimnael|regs|'n Pastiche van 'n bekende Uncle Sam-plakkaat,, «I want you for U.S. Army » (1917), wat in die 2000's geskep is om die GNU-bedryfstelsel te bemark.
'n Pastiche () is 'n werk uit die beeldende kunste, letterkunde, toneel, musiek of argitektuur wat die styl of karakter van die werk van een of meer kunstenaars naboots. Anders as parodie, gee pastiche erkenning aan en is dit 'n huldeblyk aan die werk wat dit naboots, eerder as om die gek daarmee te skeer.'n Pastiche (van die Italiaanse pasticcio: pastei, mengelmoes) het oorspronklik die betekenis gehad van 'n kunswerk wat bestaan uit 'n mengsel van fragmente uit andere werke. Die Franse woord pastiche is ontleen aan die Italiaanse selfstandige naamwoord pasticcio, wat 'n gemengde paté of pasteivulsel is wat gemaak word van verskillende ('n mengelmoes) bestanddele.Oxford English Dictionary s.v. “pastiche, n. & adj.”, Julie 2023. https://doi.org/10.1093/OED/1154136639 Die eerste opgetekende gebruik van die woord in hierdie verband dateer uit 1878. Metafories gesproke, beskryf die Franse woord pastiche en die Italiaanse woord pasticcio werke wat òf geskep is deur verskeie outeurs, òf wat stylistiese elemente van ander kunstenaars se werk inkorporeer. Pastiche is 'n voorbeeld van die eklektisisme in kuns.
Toespeling is nie pastiche nie. 'n Literêre toespeling kan verwys na 'n ander werk, maar dit herhaal dit nie. Toespeling vereis dat die gehoor deel het aan die outeur se kulturele kennis. Toespeling en pastiche is beide meganismes van intertekstualiteit.
Sien ook Parodie
Voorbeeld uit die beeldende kunste
Verwysings
Kategorie:Kuns