Rameswaram (Tamil: இராமேஸ்வரம், [ɾaːmeːsʋaɾam]) is 'n kusstad in die Indiese deelstaat Tamil Nadu met 'n bevolking van 44 856 in 2011, net oorkant van Sri Lanka. In Rameswaram bevind hom die 12de-eeuse Ramanathaswamy-tempel wat aan die Hindoe-god Ramanathaswamy, 'n plaaslike weergawe van Shiva, gewy is. Gevolglik is Rameswaram 'n godsdienstige sentrum van Shaivisme, een van die vier groot tradisies in Hindoeïsme. Rameswaram is ook een van die Char Dham wat die vier belangrikste bedevaartplekke vir Hindoe-pelgrimstogte saamvat en aan die vier hoeke van Indië geleë is; die ander is Badrinath (noorde), Puri (ooste) en Dwarka (weste). As 'n Hindoe tydens sy aardse lewe al vier die plekke besoek, sal dit hom help om moksja te bereik (d.w.s. die vrystelling van die lyding as gevolg van die kringloop van herhalende sterfte en hergeboorte).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Hindoeïsme Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Indië Kategorie:Tamil Nadu