Op 'n Persiese mark is 'n ligte klassieke komposisie vir orkes en opsionele koor deur Albert Ketèlbey, wat dit in 1920 gekomponeer het. Dit het die subtitel Intermezzo scene gehad en is in 1921 deur Bosworth uitgegee. Dit roep eksotiese beelde van kameeldrywers, jongleurs en slangbesweerders op. Toe dit vir die eerste keer in 'n weergawe vir klavier gepubliseer is, is dit as 'n "opvoedkundige nuwigheid" geadverteer.
Tema en musiek 'n Sinopsis van tonele deur die komponis sluit in 'n karavaan kamele wat aankom, bedelaars, 'n prinses wat deur knegte gedra word, jongleurs, slangbesweerders en 'n kalief.McCanna, T. "In a Persian Market: intermezzo-scene". albertketelbey.org.uk. Geraadpleeg op 4 Augustusy 2026. Nadat die prinses en die kalief vertrek het, roep 'n muezzin die mense vanuif 'n minaret tot gebed. Die karavaan gaan voort opsy reis, en die mark word stil. Die musiek duur is ongeveer ses minute lank.McCanna, T. 2002. "In a Persian Market (Ketelbey, Noble, Prentice, Geehl) (1917–1939)". Naxos Records. Geraadpleeg op 4 Augustus 2026.
'n Openingsmars deel "eksotiese" intervalle, A – B-mol – E, met die komponis se oosterse intermezzo Wonga, wat in 1916 vir die toneelstuk Ye Gods gebruik is. 'n Koor van bedelaars sing " Baksheesh, baksheesh Allah!" terwyl verbygangers hulle afjak met die woorde "Empshi" ("Gaan weg!").In a Persian Market". Hyperion Records. 2000. Geraadpleeg op 4 Augustus 2026. 'n Romantiese tema beeld die prinses uit, soortgelyk aan Stravinsky se Vuurvoël. Trompette kondig die kalief aan. Die slotgedeelte "Oproep tot gebed" van 22 mate is later eers bygevoeg.
Publikasie en ontvangs Die musiek is vir die eerste keer in Januarie 1921 in Musical Opinion bekendgestel as 'n klavierstuk, in 'n afdeling "Eduactional novelties".McCanna, T. S.d. Works for orchestra. albertketelbey.org.uk. Geraadpleeg op 4 Augustus 2026. 'n Halwe jaar later het Bosworth die orkesweergawe gepubliseer.
Op 'n Persiese mark word beskou as 'n werk van orkestrale impressionisme. Die werk is gebruik as teatermusiek vir komiese Oosterse tonele, in sketse deur Morecambe en Wise, en deur The Two Ronnies, asook in skole as teaterrepertorium.Jameson, M. 2000. Albert W. Ketèlbey / In a Persian Market, intermezzo-scene for chorus & orchestra. Geraadpleeg op 26 Augustus 2026.
Geselekteerde opnames Verskeie opnames bestaan van dié werk, sowel klankopnames as video's:
Die Ambrosian-koor en die Londense Promenadeorkes onder leiding van Alexander Faris [YouTube-video; CD-opname onder die Decca-handelsmerk] Die Koninklike Filharmoniese Koor en Orkes onder leiding van Eric Rogers [YouTube-video; CD-opname onder die Decca-handelsmerk] Die Ambrosian-koor en die Filharmonia-orkes onder leiding van John Lanchbery Die Haifa Simfonieorkes onder leiding van Amos Talmon
Verwysings
Eksterne skakels
The Music of Albert W. Ketèlbey / A Catalogue, saamgestel deur Tom McCanna Classic Music: The Persian Market (1920), iranian.com Philip L. Scowcroft: Monastery Garden and Persian Market / The Travels of Albert W. Ketèlbey deur Philip L. Scowcroft, musicweb-international.com In a Persian Market sheet music, Musopen