duimnael|links|Belangrike Boeddhistiese pelgrimsplekke in Indië, in rooi die vier plekke waarna die Boeddha self verwys het Lumbini (Nepalees: लुम्बिनी, [lʊmˈbiːni], ; letterlik: "die lieflike" of "mooi tuin") is 'n antieke stad in die gelyknamige Nepalese provinsie net noord van die grens tot Indië. Lumbini is die plek waar in 563 v.C. Maja geboorte geskenk het aan Siddhartha Gautama, die latere Boeddha en stigter van Boeddhisme. Die Boeddha het na Lumbini as een van vier plekke verwys wat Boeddhiste tydens 'n pelgrimstog sal besoek, die ander is Bodh Gaya, waar hy verligting ontvang het; Sarnath, waar hy begin preek het; en Kushinagar, waar hy oorlede is. Gevolglik is Lumbini 'n belangrike bedevaartsplek vir Boeddhiste. Boeddha se geboorteplek Lumbini is in 1997 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy
Kategorie:Boeddhisme Kategorie:Nedersettings in Nepal Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Asië