duimnael|links|Belangrike Boeddhistiese pelgrimsplekke in Indië, in rooi die vier plekke waarna die Boeddha self verwys het Kushinagar (Hindi: कुशीनगर, Kuśīnagar) is 'n stad in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh met 'n bevolking van 274 403 in 2011, net suid van die grens tot Nepal. Kushinagar is die plek waar die Boeddha Parinirwana bereik het (d.w.s. oorlede is). Die Boeddha het na Kushinagar as een van vier plekke verwys wat Boeddhiste tydens 'n pelgrimstog sal besoek, die ander is Lumbini, sy geboorteplek; Bodh Gaya, waar hy verligting ontvang het; en Sarnath, waar hy begin preek het. Gevolglik is Kushinagar 'n belangrike bedevaartsplek vir Boeddhiste.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Boeddhisme Kategorie:Nedersettings in Uttar Pradesh