duimnael|Kaart van die Seestraat van Bass. Die Seestraat van Bass is 'n seestraat wat die eilandstaat Tasmanië van die Australiese vasteland skei (meer spesifiek die kus van Victoria, met die uitsondering van die landgrens oor Boundaryeiland). Die seestraat bied die mees direkte waterweg tussen die Groot Australiese Baai en die Tasmansee, en is ook die enigste maritieme roete na die ekonomies prominente Port Phillipbaai.
Die seestraat, wat 8 000 jaar gelede gevorm is deur stygende seevlakke aan die einde van die laaste gletsertydperk, is deur Europese koloniste vernoem na die Engelse ontdekkingsreisiger en geneesheer George Bass (1771–1803).
Geografie Die Seestraat van Bass is ongeveer 250 km breed en 500 km lank, met 'n gemiddelde diepte van 60 m. Die breedste opening is ongeveer 350 km tussen Kaap Portland aan die noordoostelike punt van Tasmanië en Point Hicks op die Australiese vasteland. Bass Canyon, een van die grootste ondersese klowe ter wêreld, is aan die oostelike rand van die seestraat geleë.
Verwysings
Kategorie:Seestrate Kategorie:Stille Oseaan Kategorie:Geografie van Australië