Die term Die Vlaamse Beweging dui meestal op die emansipasie van die Vlaamse volk. Soms egter word onder Vlaamse Beweging ook die Vlaamse Taalbeweging verstaan. Die Vlaamse Taalbeweging was egter 'n poging om Vlaams van Nederlands te skei. Die Afrikaanse Taalbeweging het die Vlaamse Taalbeweging as 'n voorbeeld beskou. Die Afrikaanse Taalbeweging het aanvaar dat Vlaandere ook 'n eie koers sou vaar op taalgebied en dat die Vlaminge ook suksesvol sou wees in die verwerwing van 'n eie inheemse kultuurtaal: Vlaams.
Taaleenheid Sedert die instelling van die Grote Raad in 1445 het die Lae Lande 'n eenheid gevorm.V. Walgrave: Onze Vlaamse Volksbeweging: Tielt: Lannoo, 1949, bl. 93. Maar gedurende 1648 vind die definitiewe politieke skeiding plaas tussen België en Nederland, nadat Nederland sy onafhanklikheid van Spanje verkry het. Die twee gebiede sou van mekaar geskei bly, tot en met die val van Napoleon in 1814, toe België en Nederland weer verenig kon word onder koning Willem I, as Het Verenigd Konkinkrijk der Nederlanden. As gevolg van die emigrasie van Vlaamse intellektuele na Nederland, het Vlaandere op intellektuele sowel as ekonomiese terreine, swak begin presteer.
Oostenrykse Tyd In 1715 neem Oostenryk die gesag oor in België. België het toe nog onder Spaanse gesag gestaan. In die tyd het Frans 'n baie belangrike rol gespeel as taal van die adel. Maar 'Vlaams' was wel nog gebruik in die plaaslike besture van Vlaandere en Brabant. Dit is ook in die Hoge Raad (Parlement) gebruik, en ook in die gereghowe.L. Picard: Evolutie van de Vlaamse Beweging van 1795 tot 1950, De oorsprong van de Verfransing. Antwerpen: Standaard-Boekhandel, 1963, bl. 53.) 'Vlaams' was ook die onderwystaal en tydens die periode sou Jan des Roches 'n belangrike rol speel op die gebied van die Nederduitse taal in Vlaandere. Des Roches skryf onder andere gedurende 1761 sy Nieuwe nederduytsche Spraek-konst, en in 1769 'n woordeboek: Nouveau dictionnaire françois-flamand et flamand-françois, wat tot in 1830 herdruk is.J. Vercoullie: De Taal de Vlamingen. Brugge: de Centrale Boekhandel. 1925, bl. 70. In al sy werke gebruik hy die Antwerpse dialek as norm, en sedert 1777 word ook die onderwys in Vlaandere gebaseer op die norme van Des Roches, wat spelling en spraakkuns betref. Des Roches sou dan ook bekend staan as die grondlegger van die Nieuwe-Belgisch-Vlaemsche spelling.W. Couvreur: Een Nederlandse brief van Jan de Roches aan Frans Mols en Jan Grangé. Taal en Tongval, jaargang 23, 68-76. 1971, bl. 69. Nederland en Vlaandere hanteer nou elkeen sy eie spelling en eie grammatika. 'Vlaams' skei van 'Nederlands' en ontstaan hier twee onafhanklike tale.
Die Franse tyd In 1794 word België deel van Frankryk onder Napoleon. Napoleon sou 'n kragtige verfransingspolitiek toepas. Gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans. Franse amptenare, onderwysers, regters en advokate het die land binnegestroom, en Nederlands was verbode verklaar. Alle moontlike maatreëls is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei. Nederlands is uit die stadsbestuur, gereg en die leer verban. Daarby is die Nederlandstalige pers ook vervolg. Selfs die groot stede Gent, Antwerpen en Brussel, waar die stadsbesture Nederlands gebruik het, was verplig om slegs Frans te gebruik.J. Vercoullie: De Taal de Vlamingen. Brugge: De Centrale Boekhandel, 1925, bl. 73. Tog was daar ten minste een ligpuntjie: Die laer onderwys kon in 'Vlaams' gegee word, maar die gehalte van die onderwys was beroerd, en die meeste van die onderwysers kon hul eie taal slegs met groot moeite onderrig.
Die Hollandse tyd Nadat Napoleon verslaan is, is België (inklusief Luxemburg) met Nederland verenig onder koning Willem I, onder Het Verenigd Koninkrijk der Nederlanden. Willem I sou dieselfde beleid as die Franse volg, naamlik, één land, één taal.A. de Jonghe: De Taalpolitiek van koning Willem I in de Zuidelike Nederlanden (1814–1830). Sint-Andries-bij-Brugge: Uirgeverij J.Darthet, 1967, bl. 44. Vir dié Verenigde Koninkryk moes die taal Nederlands wees, en het hy ook gehoop om mettertyd die Waalse en Duitse gebiede vir die Nederlandse taal te wen, deur die invoering van Nederlands as vak in alle skole van die Ryk.A. de Jonghe: De Taalpolitiek van koning Willem I in de Zuidelike Nederlanden (1814–1830). Sint-Andries-bij-Brugge: Uirgeverij J.Darthet, 1967, bl. 155. Die vreugde oor die verwerping van Franse gesag in veral Vlaandere was groot. Baie Vlaminge het die eenmaking met Nederland verwelkom.
Taaleenheid herstel Die koning het nie op hom laat wag nie, reeds op die 1ste Oktober 1814 is besluit dat alle openbare aktes in Nederlands moes wees in die Vlaamse provinsies van België. Vanaf 15 September 1819 is deur die regering besluit dat Nederlands die landstaal sou wees in dié provinsies, betreffende die openbare bestuur, die gereg, die bankwese en die krygswese. Op 26 Oktober 1822 word dit ook op Brussel en Leuven van toepassing gemaak. Vanaf 1 Januarie 1823 was Nederlands die enigste taal wat in vermelde funksies gebruik kon word. Bitter min staatsamptenare was toe in staat om Nederlands te gebruik.
Hierdie besluit lei egter tot groot ontevredenheid, veral aangevuur deur Walloniërs wat oral in Vlaandere die staatsdiensposte gevul het, maar ook Vlaminge self. Baie Vlaminge het die Nederlands van Nederland nie geken nie, en het selfs voorstanders van die taalhereniging tussen België en Nederland, die gesproke taal van Nederland nog nooit eens gehoor nie.P. van de Craen & R. Willemyns: The standardization of Dutch in Flanders. International Journal of the sociology of Language 73,45-64, 1988, bl. 51 Daar was baie Vlaminge wat graag weer die twee Nederlande verenig wou sien en baie het ook geglo dat hulle die Nederlandse taal "magtig" was, maar "bij het eerste contact met de Hollanders al voelden, dat zij de taal toch eigenlijk maar zeer slecht kenden".L. Picard: Evolutie van de Vlaamse Beweging 1795 tot 1950, De Oorsprong va de verfransing. Antwerpen: Std Boekhandel, 1963, bl. 101.
Onmin oor taaleenheid Taaldiskussies het op hoë vlak uitgebreek. Een van die vele stemme wat opgegaan het ten gunste van die éénheidstaal in die nuwe koninkryk, was die van priester Leo de Foere. Gedurende 1815 laat hy hom heftig uit teen Frans, en bepleit hy noue aansluiting by die taal van Nederland, want "beyde die taelen hebben in hunne natuer niets verschillig en koomen onder de gemeene benaeming van Nederduytsche Tael"C.G.N. de Vooys: Geschiedenis van de Nederlandse taal. Groningen: Wolters-Noordhoff, 1970, bl. 167. L. de Foere het die eenheid tussen 'Vlaams' en 'Hollands' beklemtoon, en gemeen dat dit twee dialekte van dieselfde taal 'Nederduits', was. Oor die verskille tussen Vlaams en Hollands meen hy, dit is "geen wezenlyke maer toevallige verscheydenheden.T.J. Suffeleers: Taalverzorging in Vlaanderen, Een Opinie-geschiedenis. Brugge: Uitgeverij Orion, 1979, bl. 18.
Maar daar was ook teenstand. 'n Advokaat, P.J. Barafin, het in 1815 betoog dat Vlaams en Hollands twee verskillende tale geword het, wat uitspraak, spelling, woordeskat en styl betref. Volgens die skrywer Behaegel was daar diepgewortelde verskille (paard i.p.v. peird, staart i.p.v. steirt, vaardig i.p.v. veirdig...), wat "gevestigd op den hollandschen en vlaemschen tongval, de uytspraek der beschaefdste en geoefendste van elke landstreek zynde, voór het tegenwoordig, aen geene vereeniging onderhevig zyn".T.J. Suffeleers: Taalverzorging in Vlaanderen, Een Opinie-geschiedenis. Brugge: Uitgeverij Orion, 1979, bl. 19. 'n Samesmelting tussen die twee 'tale' was vir Behaegel onhaalbaar.
J.F. Willems wat 'n vurige voorstander was van taaleenheid tussen Nederland en België, was bewus daarvan dat daar groot verskille in die taalgebruik tussen Noord en Suid was. Hy meen dat veral die onderontwikkelde plattelanders in die Suide daarvan oortuig was dat Hollands werklik 'n ander taal, 'n vreemde taal was, ewe onverstaanbaar as Hoogduits".T.J. Suffeleers: Taalverzorging in Vlaanderen, Een Opinie-geschiedenis. Brugge: Uitgeverij Orion, 1979, bl. 23.
Willems was aanvanklik nie gelukkig daarmee dat die Hollandse taal volledig deur die Suide oorgeneem moes word nie, want die glorieryke verlede toe Wesvlaams 'n dominerende rol in die Nederlande gespeel het, het nog vars in die geheue gelê. Hy skryf gedurende 1820: "Het oude Vlaemsch, dat eertyds evenzeer in de noordelyke als in de zuidelyke Provincien de wet gaf, moet onderdoen voor een dialect, hetwelk nu pas vyftig jaren den naem van Hollandsch heeft mogen dragen".T.J. Suffeleers: Taalverzorging in Vlaanderen, Een Opinie-geschiedenis. Brugge: Uitgeverij Orion, 1979, bl. 25. Maar 'n eie taal vir Vlaandere was egter vir Willems onaanvaarbaar. Hy het aanhoudend gewaarsku teen pogings om in Vlaandere een byzonder taeltjen te probeer skep, wat volgens hom nie bestand sou wees teen Frans nie".T.J. Suffeleers: Taalverzorging in Vlaanderen, Een Opinie-geschiedenis. Brugge: Uitgeverij Orion, 1979, bl. 29.
Onweerswolke stapel op Om die onkunde en weerstand in België teen Nederlands te breek, is deur die nuwe regering besef dat deeglike volksonderwys onontbeerlik was. Die nuwe regering span alle kragte in om die onderwys in Vlaandere te vernederlands. Aan die universiteite word Nederlanders ingevoer, en te Lier word 'n opleidingsentrum vir onderwysers gevestig. Vanuit Leuven word 'n brosjure versprei, getiteld: Over het Herstel en de Invoering der Nederlandsche taal. By alle ander onderwyskolleges, en ook op die gebied van laer onderwys word ingrypende maatreëls getref om die Vlaminge te vernederlands." Maar die uitkoms was teleurstellend. Byna niemand was opgewonde oor die koms van die Nederlandse taal nie.
Die Franssprekende Belge het Nederlands as 'n minderwaardige taal beskou, en wou Frans as kultuurtaal ten alle koste probeer behou. Die Vlaamse elite het hewig weerstand gebied teen die invoering van Nederlands, maar daar was ook teenstand in sommige volkskringe, "waar men het stijve, boekachtige Hollands niet gelijk wenste te stellen met de inheemse Vlaamse omgangstaal"C.G.N. de Vooys: Geschiedenis van de Nederlandse taal. Groningen: Wolters-Noordhoff, 1970, bl. 166. Die gewone Vlaming was arm, en sy spreektaal het geen statuswaarde gehad nie. "Zij voelde zich tegenover de Hollandse ambtenaren van Willem I gelijkwaardiger wanneer zij de Franse standaardtaal gebruikte"P.H. van de Plank: Taalsociologie, een inleiding tot de rol van taal in het maatschapplijk verkeer. Muiderberg: Dick Coutinho, 1985, bl. 160 Daarby het talle Vlaamse katolike priesters Hollands beskou as 'gevaarlijk werktuig der ketterij'.
Nederland en België skei Taal word nou met godsdiens in verband gebring. 'Hollands' word beskou as 'protestants'. Vlaams as 'n katolieke taal. Die verset teen die invoering van Nederlands in België het bly toeneem. Die ontevredenheid het so groot geword, dat daar in 1829 selfs 'n petisie, teen die gebruik van Nederlands in Vlaandere, aan die regering voorgelê is. As gevolg van toenemende druk, is op 4 Julie 1830 deur 'n Koninklike Besluit die taalreëling ongedaan gemaak, maar 'n Belgiese volksopstand was reeds op hande. Koning Willem I het militêr probeer ingryp, maar die gort was gaar. België word in 1830 'n onafhanklike staat.
Die spellingsoorlog Nadat België sy onafhanklikheid van Nederland verkry het, het die Vlaminge met 'n taalprobleem gesit. Welke spellingsnorm moet in die Suide geld? Dit het aanleiding gegee tot die sogenaamde spellingsoorlog, maar in werklikheid het dit om meer gegaan as net spelling. Dit het gegaan om die taalvorm en was daar 3 opsies, naamlik die taalnorme van Nederland behou soos voor die Belgiese onafhanklikheid, of aansluiting probeer soek na die ou Des Roches spelling en grammatika, of 'n eie inheemse Vlaamse taal standaardiseer.