Hierdie artikel handel oor die Pruisiese heiligdom. Vir die tradisionele Litause godsdiens, sien gerus Romuva (godsdiens).duimnael|regs|Die heiligdom Romuva in Pruise. Die beeld is volgens die 16de eeuse berig van Simon Gronau, 'n Duitse historiograaf, geteken
Romuva of Romowe was 'n Baltiese heiligdom of tempel in Wes-Samland, een van die historiese geweste van Oud-Pruise (tans Oblast Kaliningrad, Russiese Federasie). Die enigste bekende historiese dokument, waarin na hierdie kultiese sentrum verwys word, is 'n beskrywing deur Peter von Dusburg uit die jaar 1326. Volgens sy berig was Romuva die setel van Kriwe, die hoofpriester of "heidense pous" wat deur die Baltiese volkere as religieuse leier beskou is.
Daar is nogtans wetenskaplikes wat die bestaan van 'n sodanige heiligdom betwyfel. Ongeag die wetenskaplike debat oor Romuva het Litaue se Nieu-Heidense beweging sy naam aan hierdie kultiese sentrum ontleen.
Kategorie:Baltiese godsdiens