Silene undulata, ook genoem Silene capensis of Afrikaanse droomwortel, is ’n klewerige, klierryke meerjarige kruid wat tot 60 cm hoog kan groei. Dit het teenoormekaar- geplaaste spatulavormige basiese blare van tot 15 cm lank en kleiner lansetvormige blare aan die stingel van tot 8 cm lank. Die blomme is wit of pienkagtig, geurend, open snags en lok nagvlieënde bestuiwers soos valkmotte.

Verspreiding Die spesie kom in Botswana, Eswatini, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe voor.

Afleiding van naam en historiese aspekte Silene kom van die Griekse woord sialon, wat speeksel beteken, en verwys na die klewerige stingels.

Die gebruike van silene undulata Plante soos silene undulata is vir baie jare deur waarsêers en sjamane gebruik om toestande van helder droom te bevorder ten einde voorspellende boodskappe te ontvang. Sulke heilige plante word geklassifiseer as oneirogen, van die Grieks oneiros beteken droom, en gen beteken om te skep. Die Xhosavolk in Suid-Afrika gebruik die plant as 'n stof wat helder, lewendige drome veroorsaak, merkbaar in kleur en lewendigheid.

Infraspesies Die spesie het twee infraspesies:https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:158583-1 Silene undulata subsp. polyantha J.C.Manning & Goldblatt Silene undulata subsp. undulata

Galery

undulata Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe

Verwysings