Friedrich Wilhelm Reinhold Pieck (* 3 Januarie 1876 in Guben; tans Gubin, Pole; † 7 September 1960 in Oos-Berlyn) was 'n Duitse politikus, Sosiaaldemokraat en later Kommunis. Hy was medestigter van die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (Sozialistische Einheitspartei Deutschlands, SED) en van 1949 tot en met sy afsterwe in 1960 die eerste en enigste President van die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland).

Kategorie:Presidente van die Duitse Demokratiese Republiek Kategorie:Kommuniste Kategorie:Geboortes in 1876 Kategorie:Sterftes in 1960