duimnael
duimnael|Lipome verwyder van die arm van 'n pasiënt met familiare veelvuldige lipomatose
Lipoom ‘n Lipoom is ‘n goed-afgebakende massa wat uit volwasse adipose (vet) weefsel bestaan. Dit ontstaan in die subkutane vetlaag, maar kan ook in dieper anatomiese strukture soos spiere, senings, interne organe en selfs binne abdominale holtes voorkom. Histologies lyk die vetselle in ‘n lipoom baie soortgelyk aan normale vetweefsel, maar hulle vorm ‘n afsonderlike, gelokaliseerde massa.
Eienskappe van ‘n lipoom Lipome toon ‘n aantal kenmerke kliniese en makroskopiese eienskappe:
Groei stadig oor maande of jare. Is gewoonlik pynloos, tensy dit op senuwees of ander omliggende strukture druk. Het ‘n baie lae risiko vir kwaadaardige transformasie. Voel sag tot elasties wanneer dit gepalpeer word. Kom dikwels alleen voor, maar kan ook meervoudig wees.
Lipoom Tipes Eenvoudige Lipoom
Die Konvesnsionele lipoom is die mees algemene tipe lipoom. Bestaan byna uitsluitlik uit volwasse vetweefsels.
FibroLipoom
Fibrolipome word geken merk deur ‘n mengsel van vet en bindweefsel, wat die gewas ‘n stewiger tekstuur gee.
Intramuskulêre lipome
Intramuskulêre lipome groei tussen spier vesels in en het ʼn groter risiko vir herhaling na chirurgiese verwyding as gevolg van hul indringende groei patroon. Hierdie lipoom bevat sowel vet-as gladde spierweefsel en kom relatief selde voor.
Verwysings