Slow Man is 'n roman deur die Suid-Afrikaansgebore skrywer JM Coetzee, en handel oor 'n man (Paul Rayment) wat 'n deel van sy been verloor na 'n padongeluk, en sy aanpassing daarby. Die roman het baie uiteenlopende temas, insluitend die aard van sorg, die verhouding tussen 'n skrywer en sy karakters en die mens se dryfkrag om 'n nalatenskap na te laat. Dit was Coetzee se eerste roman na sy ontvangs van die Nobelprys vir Letterkunde in 2003. Die roman was op die langlys vir die 2005 Man Booker-prys. Geraadpleeg op 17 Mei 2015

Karakters Paul Rayment, 'n Franse uitgewekene in sy sestigerjare wat in Adelaide woon, en wie se regterbeen aan die begin van die roman bo die knie geamputeer is na 'n padongeluk. Hy is 'n fotograaf van beroep wat geen eie kinders het nie en geen bande met sy vaderland of sy aangenome land het nie, behalwe 'n versameling 19de-eeuse Australiese foto's. Elizabeth Costello, 'n bejaarde Australiese skryfster bekend vir haar vroeë roman The House on Eccles Street, wat James Joyce se Ulysses vanuit die perspektief van die protagonis se vrou, Molly Bloom, hervertel. Sy verskyn op Paul se drumpel na ongeveer 'n derde van die roman verloop het, en begin inmeng met sy lewe deur 'n 'blinde' afspraak te reël met 'n vrou wat hy by die hospitaal gesien het. Daar word ook dwarsdeur die roman sterk geïmpliseer dat hy 'n karakter is in 'n boek wat sy skryf. Costello is die gelyknamige protagonis van Coetzee se vorige roman (Elizabeth Costello). Marijana Jokic, 'n tuisversorger wat vir Paul by sy woonstel sorg en die voorwerp van sy liefde en begeertes word. Haar familie is vlugtelinge uit Kroasië. Drago Jokic, Marijana se sestienjarige seun, wat Paul beskou as die seun wat hy nooit gehad het nie.

Opsomming van die verhaal Paul Rayment, 'n man van laat-middeljarige ouderdom, verloor 'n deel van 'n been nadat sy fiets deur 'n motor getref word wat deur 'n roekelose jong man (Blight) bestuur word. Hy word 'n kluisenaar en trek hom terug uit die samelewing in sy eensame woonstel, waar hy deur 'n opeenvolging van verpleegsters versorg word. Niemand is geskik nie, totdat Marijana op die toneel verskyn, met wie hy 'n Europese agtergrond en kinderjare deel (hare in Kroasië, syne in Frankryk). Paul se gevoelens vir Marijana, en vir haar tienerseun Drago, word meer kompleks. Wanneer Paul aanbied om Drago se opvoeding te finansier, raak Marijana se man agterdogtig oor Paul se motiewe en verhouding met Marijana, wat probleme in hul gesin veroorsaak en daartoe lei dat Drago 'n onderonsie met sy vader het en daarna by Paul intrek.

Dit is eers wanneer die bekende skrywer Elizabeth Costello onverwags en ongenooid by Paul se voordeur opdaag dat hy sy gevoelens vir Marijana en sy wrewel en verontwaardiging oor die onbenydenswaardige toestand van sy lewe na die fietsongeluk konfronteer. Costello se skielike teenwoordigheid in sy lewe verwar Paul, wat glo dat sy hom slegs ter wille is ten einde hom as karakter in haar volgende roman te gebruik.

Die boek kan gelees word as 'n metafiksionele diskoers oor die interverhoudinge tussen die literêre skrywer en die karakters, en met die werklikheid.

Slow Man, die opera Slow Man, 'n operaverwerking van Coetzee se boek deur die komponis Nicholas Lens, in noue samewerking met Coetzee, wat die libretto geskryf het, het sy wêreldpremière op 5 Julie 2012 tydens die 2012 Malta-fees in Poznań gehad, met die Opera Poznań Grand Theatre Wielki.

Resensies

Resensie van MysteryInk

Resensie van The Guardian

Verwysings

Kategorie:Engelse boeke