Willdenowia affinis is 'n wortelagtige geofiet wat deel van die Restionaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in Kloofhoek se hellings van Tafelberg voor. Die spesie is laas in 1918 versamel. Die plant se habitat is beplant met bome en die onderste gedeelte daarvan is oorgeneem deur indringerplante. Die hellings hier is ook onderhewig aan gereelde veldbrande, dit het alles tot gevolg dat die spesie nou as uitgestorwe beskou word. Die spesie is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

affinis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika