Die Huis van York was nes die Huis van Lancaster ’n tak van die Engelse koninklike Huis van Plantagenet wat sedert 1154 oor Engeland regeer het. Drie van sy lede het in die laat 15de eeu monarge van Engeland geword.

Die stamvader van die Huis van York was Edmund van Langley, die vyfde seun van koning Eduard III wat in 1384 die eerste Graaf van York geword het. Deur die huwelik van sy seun Richard van Conisburgh met Anne Mortimer, ook ’n afstammeling van Eduard III, het die Huis van York in ’n posisie gekom om die Engelse troon op te eis.

Geskiedenis Die eerste York-koning van Engeland was Eduard IV, wat in 1461 die Lancaster-koning Hendrik IV verslaan het en tot koning uitgeroep is met behulp van Richard Neville, die Graaf van Warwick. Hendrik IV het in 1470 weer die mag teruggeneem, maar is in die volgende jaar weer verdryf.

Ná Eduard IV se dood in 1483 het sy seun Eduard V op 12-jarige leeftyd aan die bewind gekom onder regentskap van sy oom Richard, die Hertog van Gloucester. Hy is twee maande ná sy troonbestyging saam met sy broer, Richard (9), in die Londense Tower opgesluit, vermoedelik deur hul oom Richard, wat die troon vir homself toegeëien het as Richard III.

Richard was net ’n paar jaar op die troon. In 1485 het Hendrik Tudor in opstand gekom en Richard verslaan in die Slag van Bosworth. Hendrik is tot koning gekroon en was die eerste monarg van die Huis van Tudor.

Monarge van die Huis van York

| Eduard IV4 Maart 1461 – 2 Oktober 147011 April 1471 – 9 April 1483Eduard is vir ’n kort rukkie afgesit tydens die bewind van Hendrik VI. || 100px|Edward IV || 28 April 1442Rouenseun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville || Elizabeth WoodvilleGrafton Regis1 Mei 1464tien kinders || 9 April 1483Westminster-paleisop 40 |- | Eduard V9 April – 25 Junie 1483Eduard V is deur Richard III afgesit, wat die troon vir homself toegeëien het op grond daarvan dat Eduard buite-egtelik gebore is. || 100px|Edward V || 2 November 1470Westminsterseun van Eduard IV en Elizabeth Woodville || ongetroud || c. 1483Londenop sowat 12 (vermoor) |- | Richard III26 Junie1483–1485 || 100px|Richard III || 2 Oktober 1452Fotheringhay-kasteelseun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville || Anne NevilleWestminster-abdy12 Julie 1472een seun || 22 Augustus 1485Slag van Bosworthop 32 (in ’n geveg)

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Huis York

Eksterne skakels

http://www.royal.gov.uk/HistoryoftheMonarchy/KingsandQueensofEngland/ThePlantagenets/ThePlantagenets.aspx – Amptelike oorsig oor die Plantagenet-lyn http://www.royal.gov.uk/HistoryoftheMonarchy/KingsandQueensofEngland/TheYorkists/TheYorkists.aspx – Amptelike oorsig oor die Huis van York