Ethelbald (ca. 834 – 860) was van 856 tot met sy dood koning van Wessex en Kent.

Hy was die tweede oudste seun van koning Ethelwulf. Hy het sy pa van die troon gedwing en het in 858 met sy stiefma, Judith, getrou. Sy was ’n dogter van Karel die Kale, koning van die Frankiese Ryk.

Die huwelik is nietig verklaar weens die verwantskap en Karel het sy dogter beveel om terug te keer na Frankryk, waar sy in ’n klooster gaan woon het. Van hier is sy later ontvoer deur Boudewyn I, Graaf van Vlaandere. Uit hul verbintenis het ’n stamboom ontstaan waaruit die latere koningin Mathilda van Vlaandere, die vrou van Willem die Veroweraar, gekom het.

Ethelbald is in 860 doodBurke's Peerage & Gentry URL besoek op 7 September 2007 en is opgevolg deur sy broer Ethelbert.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Ethelbald van Wessex

Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 831 Kategorie:Huis van Wessex Kategorie:Sterftes in 860