Ethelbert (ca. 835 – 866) was van 860 tot met sy dood koning van Wessex en Kent. Hy was die derde oudste seun van koning Ethelwulf en het sy broer Ethelbald opgevolg.

Tydens sy bewind is Kent deur die Vikings geplunder. Daar was ook invalle in Northumbrië en die Dene het tot by Winchester gevorder.

Hy is in 865 op sowat 30-jarige ouderdom doodBurke's Peerage & Gentry URL besoek op 7 September 2007 en is opgevolg deur sy broer Ethelred.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Ethelbert van Wessex

Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 835 Kategorie:Huis van Wessex Kategorie:Sterftes in 865