The Fundamentals of Caring is 'n Amerikaanse reisrolprent van 2016 wat deur Rob Burnett geskryf en geregisseer is. Dit is geskoei op die roman van 2012 The Revised Fundamentals of Caregiving deur Jonathan Evison. Die belangrikste akteurs is Paul Rudd, Craig Roberts en Selena Gomez. Die première was op 29 Januarie 2016 op die Sundance-rolprentfees en die prent is op 24 Junie 2016 op Netflix uitgereik.

Rolverdeling

Paul Rudd as Ben Benjamin, Trevor se versorger Craig Roberts as Trevor, 'n seun met spierdistrofie Selena Gomez as Dot Jennifer Ehle as Elsa, Trevor se ma Megan Ferguson as Peaches Frederick Weller as Bob, Trevor se pa Bobby Cannavale as Cash, Dot se pa Julia Denton as Janet

Storielyn

Ben is 'n werklose skrywer van Seattle wat probeer vermy dat sy vervreemde vrou skeidokumente aan hom bestel. Hy doen 'n kursus van ses weke om 'n geregistreerde versorger te word en word gehuur deur Elsa, 'n banktakbestuurder van Engeland, om haar 18-jarige seun, Trevor, wat 'n ernstige soort spierdistrofie het, te versorg.

Ben pas by Trevor se roetine aan en vorm 'n band met die sardoniese, seksueel gefrustreerde tiener. Trevor onthul sy pa het hulle verlaat toe hy op driejarige ouderdom gediagnoseer is en stuur vir hom briewe, wat hy ignoreer. Elsa en haar seun weet Ben probeer vrede maak met die dood van sy jong seun. Sy waarsku hom dat hy nie te nou by Tevor betrokke moet raak nie uit vrees dat Trevor sal seerkry as Ben noodwendig aanbeweeg.

Trevor word betower deur Amerikaanse toerismeplekke en Ben oorreed Elsa dat hy Trevor op reis kan neem. Hy en Trevor vertrek op 'n rit na die diepste gat in die wêreld. Trevor vra ook of hy sy pa in Salt Lake City kan gaan sien.

By 'n vulstasie raak Trevor behep met 'n meisie van sy ouderdom, Dot. Ben nooi haar om saam met hulle te reis. Dot verduidelik sy is op pad na Denver vir 'n nuwe begin. Toe hulle by 'n motel stilhou, sê Ben hy dink hulle word deur 'n man agtervolg wat deur sy vrou gehuur is.

Langs die pad kom hulle op die swanger Peaches af. Haar motor het onklaar geraak en hulle bied aan dat sy saam met hulle reis. Toe hulle by 'n plek stilhou om te oornag, vra Trevor Dot uit om oorkant die pad te gaan eet, en sy aanvaar die uitnodiging. Die volgende dag konfronteer die vier Trevor se pa, Bob, wat 'n motorwinkel besit. Hy erken hy het nooit aan Trevor geskryf nie, al het sy vrou hom gevra. Sy het toe al die briewe self geskryf. Hy lyk nie lus om by sy seun aansluiting te vind nie en bied hom eerder geld aan, maar die vier ry weg.

By die wêreld se diepste gat gaan Trevor, Dot en Peaches na die onderkant, terwyl Ben sê bly nog 'n rukkie bo omdat hy sy selfoon vergeet het. Hy konfronteer die man wat hulle agtervolg het en dié sê hy is Dot se pa, Cash, wat wil seker maak sy kom veilig in Denver aan.

Skielik kry Ben 'n oproep van Dot, wat buite haarself is. Hy hardloop na die onderkant van die gat uit vrees dat iets met Trevor gebeur het. Daar vind hy uit Peaches is aan die lewe skenk. Hy help haar met die geboorte en oorkom so die verwyt vir sy eie seun se dood. (Sy motor, waarvan die handrem nie heeltemal opgetrek was nie, het oor sy seun gery terwyl hulle kruideniersware afgelaai het.)

Peaches en haar pasgebore baba word in die hospitaal opgeneem. Dot raak versoen met haar pa, wat onderneem om haar self na Denver te neem. Sy soengroet Trevor en belowe om in aanraking te bly. Met 'n geleende draagbaar help Ben vir Trevor om sy wens te vervul om staande te urineer, oor die reling tot in die diep gat.

Tuis handel Ben sy skeisaak af. Hy begin sy volgende roman oor Trevor skryf en dui aan dat hulle goeie vriende gebly het.

Uitreiking en ontvangs The Fundamentals of Caring se première was op 29 Januarie 2016 op die Sundance-rolprentfees as die sluitingsprent. In Januarie 2016, voor die première, het Netflix die wêreldwye verspreidingsregte verkry. Dit is op 24 Junie 2016 begin stroom.

Op Rotten Tomatoes is 80% van 35 resensies positief, met 'n gemiddelde punt van 7,7/10. Die webtuiste se konsensus lui: "The Fundamentals of Caring benut die chemie tussen sy hoofrolspelers, wat goed by mekaar as, ten volle terwyl dit ’n redelik bekende padreisroete vir 'n opgroeiverhaal volg." Op Metacritic het die pent 'n telling van 55 uit 100 op grond van 10 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.

Pryse Die prent is vir vier pryse benoem: die prys vir beste internasonale rolprent en die gehoorprys op die Edinburgse Internasionale Rolprentfees, die Oglethorpeprys vir voortreflikheid van die Georgia Film Critics Association en die Humanitasprys op die Sundance-rolprentfees.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente