Kultuurgeskiedenis is die studie van die manier waarop die samelewing van mense deur die jare heen ontwikkel het. Dit ondersoek die alledaagse lewe, lewenspatrone, sedes, gewoontes, tradisies, tale en kuns van ‘n bevolkingsgroep. Dus speel dit ‘n kernrol in erfenisbewaring, museumstudie, die instandhouding en restourasie van erfenisterreine en geboue van historiese belang en die bewaring van kunsprodukte.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (gesitg 1982) is in Suid-Afrika die organisasie wat die beoefening van die vakgebied organiseer en bevorder. Publikasies soos Die Kultuurhistorikus, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kunsgeskiedenis, die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis en Sonnerad het die vakgebied gepromoveer.

In die tweede helfte van die 20ste eeu was die bekendste leiers in die vakgebied van die Afrikaanse kultuur- en volkskunde Abel Coetzee, Hans Fransen, Bun Booyens, P.G. Nel en Pieter W. Grobbelaar. In daardie jare is die vak ook aan sekere Suid-Afrikaanse universiteite onderrig.

Bronnelys Pienaar, P. de V. (red.): Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1968 savk.org

Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika