Liparia striata is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die suidelike Overberg tussen Heidelberg en Swellendam in Soutkloof voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 631 km². Die spesie se bevolking het reeds met 50% gedaal weens die feit dat van sy habitat oorgeneem is deur die verbouing van graan. Die oorblywende bevolking word deur oorbeweiding en indringerplante bedreig. Die spesie is deel van die fynbos en blom in Desember.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
striata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika