Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Suid-Afrika wat die 2025-toernooi gewen het.
Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou met 20 titels die rekord vir die meeste toernooititels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.
Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Suid-Afrika het die rugbywêreldbekertoernooi vier keer gewen, gevolg deur Nieu-Seeland met drie titels en Australië met twee. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.
Geskiedenis duimnael|Voorbereiding vir die Nieu-Seelandse haka voor die laaste Drienasieswedstryd in 2005 teen Australië in Edenparkstadion, Auckland duimnael|’n Suid-Afrikaanse lynstaan teen Nieu-Seeland in 2006, Wellington duimnael|Die All Blacks se Losgemaal teen die Springbokke tydens die Drienasiereeks in 2011 duimnael|’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in 2017, Sydney duimnael|Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Argentinië in 2024 ’n Soortgelyke kampioenskap soos die Noordelike Halfrond se hedendaagse Sesnasies-toernooi – en sy voorgangers – het in die Suidelike Halfrond nie bestaan nie; slegs Australië en Nieu-Seeland het elke jaar die Bledisloebeker uitgespeel. Met die einde van Apartheid in Suid-Afrika is dié land weer tot internasionale sport toegelaat. Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het die konsep vir die Drienasiesreeks moontlik gemaak. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika is onderhandelings tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se rugbyunies gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Die eerste toernooi is uiteindelik in 1996 gehou en deur Nieu-Seeland gewen. In 2012 het Argentinië by die toernooireeks aangesluit, wat sedertdien as Die Rugbykampioenskap bekend staan. In 2020 het die toernooi kortliks na die ou Drienasies teruggekeer, nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie weens die wêreldwye Covid-19-pandemie besluit het om die Springbokke aan dié toernooi te onttrek.
Uitslae Algeheel Drienasieswenners JaarWennerSpeelWenGelykopVerloorPunte virPunte teenPunte-verskilBonus-punteLiga-punte1996440011960+5911719974400159109+50218199844008054+261171999430110361+420122000430110486+18214200142118175+6111200243019765+323152003440014265+772182004420211098+123112005430111186+2531520066501179112+673232007430110059+4111320086402152106+4631920096501158130+2812120106600184111+73327201143019279+131132020420211854+64311
Rugbykampioenskapwenners JaarWennerSpeelWenGelykVerloorPunte virPunte teenPunteverskilBonus-punteLigapunte2012660017766+11122620136600202115+874282014641116491+73422201533008548+371132016660026284+17863020176600246119+12742820186501225132+93525201932109746+5121220216501218104+11452520226402195128+673192023330011439+752142024650118894+9442420256402208151+57319
Drienasies (1996–2011, 2020) JaarKampioenBledisloebekerMandela UitdaagplaatVryheidsbekerPoematrofeeHoutlepel1996Nie uitgespeel nieNie uitgespeel nieNie uitgespeel nie1997199819992000200120022003Nie uitgespeel nie20042005Nie uitgespeel nie2006200720082009201020112020Nie uitgespeel nie
Die Rugbykampioenskap (2012–tans) YearKampioenBledisloebekerMandela UitdaagplaatVryheidsbekerPoematrofeeHoutlepel2012201320142015201620172018201920212022202320242025
Algehele punteleer Drienasies
Die Rugbykampioenskap
Meeste punte en drieë Die volgende afdeling bevat rekords van punte en drieë wat aangeteken is in die Drienasiesreeks/Die Rugbykampioenskap (alle tye).
Voorste puntemakers RangSpelerLandPunte 1 Dan Carter 554 2 Morné Steyn 390 3 Beauden Barrett 354 4 Nicolás Sánchez 344 5 Andrew Mehrtens 328 6 Handré Pollard 303 7 Matt Burke 271 8 Matt Giteau 266 9 Bernard Foley 249 10 Percy Montgomery 210 Opgedateer: 7 Oktober 2025Bron: Itsrugby.
Voorste driedrukkers RangSpelerLandDrieë 1 Bryan Habana 21 2 Rieko Ioane 8 Ben Smith Beauden Barrett 5 Richie McCaw 17 Christian Cullen Malcolm Marx 8 Joe Rokocoko 15 9 Adam Ashley-Cooper 14 Israel Folau Will Jordan Opgedateer: 7 Oktober 2025Bron: Itsrugby
Sien ook
Europese Rugbykampioenskap, ’n soortgelyke kompetisie tussen vlak-twee- en drie-rugbyspanne in Europa Sesnasies-toernooi, ’n soortgelyke kompetisie tussen die ses sterkste nasionale rugbyspanne van die Noordelike Halfrond Stille Oseaan-nasiesbeker, ’n soortgelyke kompetisie tussen vlak-twee-rugbyspanne in Oseanië
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf by super.rugby Die Rugbykampioenskap by espn.co.uk