Die Huis van Tudor het van 1485 tot 1603 oor Engeland en Wallis regeer, en van 1541 tot 1603 ook oor Ierland.

Die Tudors het Engeland verander van ’n onbelangrike staat tot ’n magtige Renaissance-nasie. Die Tudor-periode was ’n bloeitydperk vir die Engelse kultuur, veral letterkunde, wetenskap, argitektuur en handel. Die Tudors het ook die Engelse vloot versterk en daarmee die grondslag gelê vir die Britse koloniale ryk.

Geskiedenis Die Tudors stam in die vroulike lyn van John Beaufort, een van die buite-egtelike kinders van die 14de-eeuse Engelse prins Jan van Gent, 1ste Hertog van Lancaster (die derde oudste oorlewende seun van Eduard III van Engeland), by Gent se minnares Katherine Swynford. Die afstammelinge van ’n buite-egtelike kind sou normaalweg geen aanspraak op die troon gehad het nie, maar sake is gekompliseer toe Gent en Swynford eindelik in 1396 trou (25 jaar ná John Beaufort se geboorte). Vanweë die huwelik het die kerk die paar se kinders wettig verklaar.

John Beaufort se kleindogter lady Margaret Beaufort was getroud met Edmund Tudor, 1ste Graaf van Richmond. Tudor was die seun van die Walliese howeling Owain Tewdr (verengels tot "Owen Tudor") en Catharina van Valois, weduwee van die Lancaster-koning Hendrik V.

Die Graaf en Gravin van Richmond se seun, Hendrik Tudor, het in 1485 teen koning Richard III van Engeland gerebelleer. Richard is in die Slag van Bosworth dood en Hendrik het koning geword. Hierdeur het die Huis van Tudor aan die bewind gekom in die plek van die Huis van York.

Die dood van Elizabeth I in 1603 het die einde van die Tudor-dinastie in Engeland beteken. Sy is opgevolg deur Jakobus I van die Skotse koningshuis Stuart.

Monarge van die Huis van Tudor

| Hendrik VII22 Augustus1485–1509 || 100px|Henry VII, by Michel Sittow, 1505 || 28 Januarie 1457Pembroke-kasteelseun van Edmund Tudor en lady Margaret Beaufort || Elizabeth van YorkWestminster-abdy18 Januarie 1486agt kinders || 21 April 1509Richmond-paleisop 52 |- | rowspan="6" | Hendrik VIII21 April1509–1547 || rowspan="6" | 100px|Hendrik VIII, by Hans Holbein, c.1536 || rowspan="6" | 28 Junie 1491Greenwich-paleisseun van Hendrik VII en Elizabeth van York || Catharina van AragonGreenwich11 Junie 1509een dogter

| rowspan="6" | 28 Januarie 1547Whitehall-paleisop 55 |- | Anna BoleynWestminster-paleis25 Januarie 1533een dogter |- | Jane SeymourWhitehall-paleis 30 Mei 1536een seun |- | Anna van KleefPaleis van Placentia6 Januarie 1540 |- | Catharina HowardHampton Court-paleis28 Julie 1540 |- | Catharina ParrHampton Court-paleis 12 Julie 1543 |- | Eduard VI28 Januarie1547–1553 || 100px|Edward VI, by Hans Eworth || 12 Oktober 1537Hampton Court-paleis seun van Hendrik VIII en Jane Seymour || ongetroud || 6 Julie 1553Paleis van Placentia op 15 |- | Jane(Die Nege-dae-koningin)10 Julie–19 Julie 1553Jane is afgesit ten gunste van Maria Tudor. Titel betwis || 100px || Oktober 1537Bradgate Parkdogter van Henry Grey, 1ste Hertog van Suffolk en lady Frances Brandon || Lord Guildford DudleyThe Strand21 Mei 1553geen kinders || 12 Februarie 1554Londense Towerop 16 (onthoof) |- | Maria I(Bloedige Maria)19 Julie1553–1558 || 100px|Mary I, by Antonius Mor, 1554 || 18 February 1516Paleis van Placentiadogter van Hendrik VIII en Catharina van Aragon || Philip II van SpanjeWinchester-katedraal25 Julie 1554geen kinders || 17 November 1558Sint James-paleisop 42 |- | Elizabeth I(Die Maagdkoningin)17 November1558–1603 || 100px|Elizabeth I, by Darnley || 7 September 1533Greenwich-paleis dogter van Hendrik VIII en Anna Boleyn || ongetroud || 24 Maart 1603Richmond-paleis op 69

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia