Die Šventoji-rivier (letterlik "Die Heilige") is die langste rivier wat uitsluitlik op Litause grondgebied vloei en ook die grootste takrivier van die Neris. Die rivier ontspring in die Samanis-meer (Gražutė-streekpark, Noordoos-Litaue) en mond naby Jonava in die Neris uit. Die langste takrivier van die Šventoji is die Širvinta.

Die Šventoji-rivier vloei onder meer deur die stede Anykščiai, Kavarskas en Ukmergė. In die Sowjet-tydperk is tussen 1963 en 1964 'n dam naby Kavarskas opgerig om die Nevėžis-rivier met water uit die Šventoji aan te vul, tog is hierdie dam intussen nie meer in gebruik nie aangesien sy onderhoud baie koste-intensief en oneffektief was. Die dam het daarnaas ook omgewingsregulasies van die Europese Unie verbreek.Gintautas Subačius: Nevėžio troškulys didėja, 19 Julie 2006, aanlyn beskikbaar: sekunde.lt

Die Antalieptė-dam, wat in 1959 ontstaan het, is die tweede grootste mensgemaakte meer in Litaue.grazute.lt: Ten kur prasideda Šventoji... Die Šventoji is vandag veral gewild by roeisport-entoesiaste.

Verwysings

Ander bronliteratuur Juozas Obelienius. Lietuvos TSR vandens turistų keliai (Waterroetes vir toeriste in die Litause SSR). Vilnius: Mintis 1982

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Litaue