Folarin Jerry Balogun (gebore 3 Julie 2001) is 'n Amerikaanse professionele sokkerspeler wat as 'n voorspeler speel vir die Franse Ligue 1-klub Monaco en die Amerikaanse nasionale sokkerspan.

Hy is in Brooklyn, New York gebore vir Nigeriese ouers. Hy het saam met sy ouers na die Verenigde Koninkryk verhuis toe hy een maand oud was, en het in London, Engeland grootgeword.

Hy is ’n akademie-produk van Arsenal en is in 2020 bevorder na die eerste span maar het min gespeel vir die klub. In 2022 is hy uitgeleen na die EFL Championship-klub Middlesbrough. In die volgende seisoen het hy sy deurbraak gemaak met ’n uitleenbeurt na die Ligue 1-klub Reims, waar hy 22 doele in sy eerste seisoen aangeteken het; die meeste nog vir ’n Amerikaner in ’n top-vyf Europese liga.

In Augustus 2023 het hy Arsenal verlaat en vir €40 miljoen by Monaco aangesluit, waar hy in die 2025/26-seisoen as Monaco se Speler van die Seisoen aangewys is.

Hy het beide die Verenigde State en Engeland op jeug internasionale vlak verteenwoordig. In Mei 2023 het hy besluit om vir die Verenigde State se senior nasionale span te speel. Hy het twee doele vir die Verenigde State aangeteken in hul openingswedstryd van die 2026 FIFA Wêreldbeker teen Paraguay.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 2001 Kategorie:Lewende mense