Die Hertzog-monument tere ere van J.B.M. Hertzog in Bloemfontein is ‘n belangrike simbool vir Afrikanernasionalisme. __NOTOC__ Ligging Die monument is op die klein Hertzogplein (Hertzogpark en soms “Love Park”) op die noordoostelike hoek van die kruising van President Brandstraat en Charlesstraat in die middestad.

Monument Die monument bestaan uit ‘n dubbele mensgrootte standbeeld van Hertzog en ‘n aantal bykomende persone, ‘n wit suil, amfiteater, groot skadubome en grasperke, ‘n fontein en geplaveide sypaadjies. Hertzog word uitgebeeld waar hy as leier sy volk toespreek. Een groep van die ondersteunende persone simboliseer die Boere in hul uur van wanhoop na die Tweede Vryheidsoorlog, hul verlies van onafhanklikheid en huis en haard. ‘n Paar ander persone toon ‘n vrolike moeder wat godsdiensonderrig gee aan haar kroos met ‘n sterk jong vaderfiguur aan haar sy. In teenstelling is daar twee jong Suid-Afrikaners wat saam die toekoms aandurf.

Beplanning Hierdie gedenkteken is ontwerp deur die argitek Albrecht Holm. Danie de Jager was die beeldhouer. Op 21 September 1968 het die Eerste minister John Vorster dit onthul; dit was op daardie tydstip die grootste gegote bronsbeeld in die land.

Bibliografie https://www.123rf.com/photo_43259035_jbm-hertzog-monument-in-bloemfontein-with-statues-of-general-jbm-hertzog-and-a-group-of-afrikaner.html https://www.africaimagelibrary.com/media/54ad8d32-30d6-11e0-a2cc-e795108aec56-statue-of-general-jbm-hertzog-1866-1942-hertzog-square-bloe https://www.tripadvisor.co.za/Attraction_Review-g312564-d2172838-Reviews-Hertzog_Square-Bloemfontein_Free_State.html https://journals.co.za/doi/10.54272/sach.2022.v36n2a8

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Bloemfontein