Camilo Blanes Cortés, beter bekend onder sy kunstenaarsnaam Camilo Sesto (Alcoy, Alicante, 16 September 1946 – Madrid, 8 September 2019), was 'n Spaanse sanger, komponis en musiekvervaardiger.
Hy het sy internasionale sukses gedurende die 1970's and 1980's gekonsolideer. Hy word beskou as een van die mees invloedryke kunstenaars en een van die vernaamste stemme van musiek in Spaans. Geduurende sy loopbaan het hy na raming meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop en daarin geslaag om 52 enkelsnitte op nommer een in verskeie lande van Ibero-Amerika te plaas.
Regdeur sy loopbaan het Sesto liedjies in Spaans, Engels, Italiaans, Portugees, Duits, Valensiaans en Japannees opgevoer. Sy musikale nalatenskap het wêreldwyd uitgebrei danksy die talle weergawes wat deur internasionale kunstenaars in verskeie tale en genres uitgevoer is.
Hy is op 8 September 2019 oorlede aan 'n kardiorespiratoriese arres wat verband hou met 'n nierversaking.
Toekennings en Erkennings
Nominasie vir die 18de jaarlikse Grammy-toekennings (1976): Genomineer in die kategorie Best Latin Recording vir ¿Quieres Ser Mi Amante?. A.C.E. toekennings New York (1984): Na sy optredes in die Radio City Music Hall is hy as Beste Buitelandse Kunstenaar en Beste Buitelandse Vertoning aangewys. Máximo Orgullo Hispano (2011): Toegeken in Las Vegas, VSA, vir sy loopbaan van amper 50 jaar. Camilo Sesto-dag (28 Mei): Amptelik geproklameer deur die owerhede van die deelstaat Nevada, VSA. Geliefde Seun en Goue Medalje (2016): Die hoogste onderskeidings wat deur sy geboortestad, Alcoy, toegeken is ter erkenning van sy hele internasionale loopbaan. Ere-erkenning deur Sony Music Spain (2016): Vir sy 70ste verjaardag en vir die verkoop van meer as 100 miljoen albums. Latin Songwriters Hall of Fame (2017): Amptelike induksie ter erkenning van sy vrugbare loopbaan as komponis (La Musa-toekennings). Alameda Camilo Sesto (2018): Die hoofstraat van sy geboortestad is na hom hernoem. Goue Medalje vir Verdienste in die Skone Kunste (2019): 'n Postume onderskeiding wat deur die Spaanse staat toegeken is as 'n noodsaaklike figuur van die nasionale kunste. Kulturele Ambassadeur (2019): Postuum aangestel as Ambassadeur van die Valenciaanse Gemeenskap. Ondas-toekennings (2019): Vir sy artistieke loopbaan, postuum toegeken.
Camilo Sesto-museum 'n Museum wat geheel en al aan sy persoonlike en professionele lewe gewy is, is op 11 Junie 2026 in Alcoy, Spanje, geopen. Die uitstalruimte beslaan 'n oppervlakte van 300 vierkante meter wat oor twee verdiepings versprei is en huisves 'n versameling van meer as 2 000 items.
Diskografie
Groepe 1964: Los Dayson 1966: Los Botines
Albums 1970: Llegará el verano/Sin dirección 1971: Algo de mí 1972: Sólo un hombre 1973: Algo más 1974: Camilo 1975: Amor libre 1975: Jesucristo Superstar 1976: Memorias 1976: Look in the eye 1977: Rasgos 1977: Entre amigos 1978: Sentimientos 1979: Horas de amor 1980: Amaneciendo 1981: Más y más 1982: Camilo (In Engels) 1983: Con ganas 1984: Amanecer/84 1985: Tuyo 1986: Agenda de baile 1991: A voluntad del cielo 1992: Huracán de amor 1994: Amor sin vértigo 2002: Alma 2010: Todo de mí (Regstreeks op 1 en 2 Oktober in Madrid)
Kompilasies 1982: Muy Personal 1997: Camilo Superstar 2004: Camilo Sesto Nº 1 2016: Camilo 70 2018: Camilo Sinfónico 2022: Camilo Forever 2025: Camilo Love Sound Typhoon (Osaka '85 In konsert)
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2019