Die Orde van die Metgeselle van O.R. Tambo is ‘n Suid-Afrikaanse eretoekenning wat deur die President gemaak kan word aan buitelandse burgers wat ‘n besondere bydrae gelewer het tot die goeie verhoudinge tussen Suid-Afrika en ‘n ander land. Dit is dus ‘n simbool van vrede, samewerking en ondersteuning.
Hierdie ereteken kan toegeken word in drie klasse van belangrikheid, naamlik goud, silwer en brons. Dit bestaan uit ‘n ovaal medalje omring deur twee slange. Op die verso verskyn die landswapen. Met ‘n wit lint word dit om die nek gedra. Elke ontvanger ontvang ook ‘n kierie uit inheemse hout gekerf.
Hierdie dekorasie dra die naam van Oliver Tambo en die eerste toekenning is op 6 Desember 2002 gemaak.
Bibliografie https://www.gov.za/about-government/order-companions-or-tambo https://www.thepresidency.gov.za/node/5275
Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ordes en dekorasies