The Kominsky Method is 'n Amerikaanse komediedramareeks vir televisie wat deur Chuck Lorre vir Netflix geskep is. Die première was op 16 November 2018. Van die akteurs is Michael Douglas, Alan Arkin, Nancy Travis, Kathleen Turner en Jane Seymour. Die reeks gaan oor 'n ouerwordende toneelafrigter wat jare tevore vir 'n kort tydperk sukses as 'n akteur behaal het.

Die première van die tweede seisoen was op 25 Oktober 2019 en dié van die derde en laaste seisoen, sonder Arkin, op 28 Mei 2021.

Dit was Arkin se laaste TV-projek voor sy dood aan hartverlamming op 29 Junie 2023 op 89-jarige ouderdom.

Rolverdeling Hoofakteurs

Michael Douglas as Sandy Kominsky, 'n eens suksesvolle akteur wat nou toneelklasse in Hollywood aanbied Alan Arkin as Norman Newlander, Sandy se agent en vriend; dit was sy laaste TV-rol Sarah Baker as Mindy Volander-Kominsky, Sandy se dogter wat die toneelateljee saam met hom bestuur Nancy Travis as Lisa, 'n onlangs geskeide vrou wat toneellesse by Sandy neem Paul Reiser as Martin Schneider, Mindy se kêrel Kathleen Turner as dr. Roz Volander, Sandy se eksvrou

Kominsky se studente

Melissa Tang as Margaret Jenna Lyng Adams as Darshani Graham Rogers as Jude Casey Brown as Lane Ashleigh LaThrop as Breana Emily Osment as Theresa

Ander

Susan Sullivan as Eileen, Norman se oorlede vrou Lisa Edelstein as Phoebe, Norman se vervreemde dogter wat aan pille verslaaf is Ramon Hilario as Alex die kelner Cedric Begley as Mathew, Lisa se seun Ann-Margret as Diane, Norman se vriendin Jane Seymour as Madelyn, 'n ou liefde uit Norman se verlede Haley Joel Osment as Robby, Phoebe se seun Jay Leno as homself Patti LaBelle as haarself Corbin Bernsen as homself George Wyner as die rabbi Elizabeth Sung as mev. Liu Rex Linn as Ed Danny DeVito as dr. Wexler, a uroloog Elliott Gould as homself Lauren Weedman as 'n regisseur Jocelyn Towne as Jeanine Azie Tesfai as Lynda Eddie Money as homself Allison Janney as haarself Morgan Freeman as homself Barry Levinson as homself Jon Cryer as homself Christine Ebersole as Estelle

Ontvangs Die reeks het met sy uitreiking positiewe resensies gekry. Op Rotten Tomatoes was 80% van resensies positief, met 'n gemiddelde punt van 6,6/10. Volgens die webtuiste is die reeks "vol humor en hart" en word die akteurs Alan Arkin en Michael Douglas geprys. Op Metacritic het die eerste seisoen 'n punt van 68 uit 100 gekry, gebaseer op 19 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.

Pryse en benoemings The Kominsky Method is vir talle pryse benoem. Dit het twee Golden Globes gewen: vir beste TV-reeks (komedie of blyspel) en vir beste akteur in 'n komedie of blyspel (Douglas). Dit het ook 'n American Film Institute Award gewen vir een van die top-10-televisieprogramme van die jaar.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse