Groot Olie is 'n omgangstaalgroepering van die wêreld se ses of sewe grootste publiek verhandelde en belegger-besit olie- en gasmaatskappye, ook bekend as supermajeurs.Tom Nicholls (2005). Nafta. vol. 56. p. 447. "Whoever coined the term supermajor should have kept some superlatives in reserve. Oil companies may rank as some of the biggest private-sector corporations, but when it comes to oil ..."

+NaamInkomste 2024 (VSD$)Wins 2024 (VSD$)Exxon Mobil339.25 billion48.87 billionShell284.31 billion16.5 billionTotalEnergies195.61 billion29.82 billionChevron193.41 billion28.10 billionBP189.19 billion11.47 billionEni140.0 billion21.0 billion Die term, veral in die Verenigde State, beklemtoon hul ekonomiese mag en invloed op politiek. Groot Olie word dikwels geassosieer met die fossielbrandstoflobby en ook gebruik om na die bedryf as geheel op 'n neerhalende wyse te verwys.

Bronne bots oor die presiese samestelling van Goot Olie vandag, hoewel die maatskappye wat die meeste as supermajeur maatskappye genoem word, is ExxonMobil, Shell, TotalEnergies, BP, en Chevron met Eni en ConocoPhillips, voordat ConocoPhillips sy stroomafbedrywighede afgestig het in Phillips 66, word ook gereeld ingesluit. Die frase "Super-Major" het voortgespruit uit 'n verslag wat in Februarie 1998 deur Douglas Terreson van die beleggingsbank Morgan Stanley gepubliseer is. Die verslag het 'n aansienlike konsolidasiefase van "Groot" oliemaatskappye voorspel wat sou lei tot 'n groep dominante "Super Major" entiteite. Groot Olie het voorheen verwys na sewe oliemaatskappye wat die Consortium for Iran; die "Sewe Susters" was die Anglo-Persian Oil Company ('n voorganger van BP), Shell plc, drie van Chevron se voorgangers (Standard Oil of California, Gulf Oil en Texaco), en twee van ExxonMobil se voorgangers (Jersey Standard en Standard Oil of New York).

Die term, analoog aan ander soos Groot Tegnologie, Groot Staal, Groot Tabak, Groot Soda, en Groot Farma wat nywerhede beskryf wat deur 'n paar reuse-korporasies oorheers word, is vanaf die laat 1960's in druk gewild gemaak.C. Wayne Barlow (1969). Corporate Packaging Management. "Even with the price ceilings, gas cost more than it had, prompting consumers to charge that 'Big Oil', and not the Arabs, had used the crisis to squeeze profits from oppressed consumers. Some thought that the oil companies got rich from the ..."

Sien ook OPUL Fossielbrandstof Energie-ontwikkeling

Verwysings

Kategorie:Energie Kategorie:Petroleum