Joachim “Jogi” Löw (Duitse uitspraak: [ˈjoːaxɪm ˈløːf]; gebore 3 Februarie 1960) is ’n Duitse sokkerafrigter en voormalige -speler. Hy was die afrigter van die Duitse nasionale span van 2006 tot 2021. Tydens sy termyn as afrigter het hy Duitsland gelei tot oorwinning by die FIFA Wêreldbeker 2014 in Brasilië en die FIFA Konfederasiebeker 2017 in Rusland. In Maart 2021 het Löw aangekondig dat hy uit sy pos sou bedank ná die uitgestelde Euro 2020. Van al die hoofafrigters van die Duitse nasionale sokkerspan het Löw die meeste wedstryde afgerig en gewen (124 uit 198).

Verwysings

Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense