Die Douglas DC-2 was die produksiemodel van die DC-1 en was ’n verbeterde weergawe.TWA het op 4 September 1933 altesaam 20 van hulle bestel. Die kajuit van die DC-1 is langer gemaak om (as die DC-2) twee ekstra sitplekke en meer vrag te akkommodeer. Daar was ook verbeterings in die werkverrigting. Die onthulling en eerste vlug van die DC-2 het in Mei 1934 by Santa Monica plaasgevind en die vliegtuig is op 14 Mei 1934 as vlootnommer 301 aan TWA oorhandig. Altesaam 75 DC-2’s is teen Junie 1934 bestel. Die eerste Pan American DC-2 is aan die einde van Augustus 1934 en die eerste American Airlines-een in November 1934 afgelewer. Aflewerings is ook aan buitelandse operateurs gedoen. In totaal is 197 DC-2’s en militêre weergawes gebou.

Bou en uitleg van die DC-2 Die opvallendste verskil tussen die DC-1 en die DC-2 was die langer kajuit van die DC-2 (met verbeterde akkommodasie). Die algehele lengte van die DC-2 was 18.89 meter en hy het 14 sitplekke gehad. Geringe versterking van die struktuur het ’n aanvanklike opstygmassa van 8109 kilogram moontlik gemaak. Daar was twee landingsligte en ’n luginlaat (vir kajuitventilasie) in die neus. Die twee vlieëniers het langs mekaar in ’n ingeslote stuurkajuit gesit. Agter die stuurkajuit was daar ’n kompartement vir possakke. Die hoofkajuit was 7.92 meter lank en 1.68 meter wyd. Die 14 sitplekke was so gerangskik dat daar twee sitplekke weerskante van die sentrale gang was. Die rûe van die sitplekke kon geswaai word sodat sodat passasiers vorentoe of agtertoe kon kyk. Aan die agterkant van die passasierskajuit was daar ’n voedselstoorkompartement met droë ys en ’n toilet oorkant mekaar. Nog verder agter toe was daar ’n bagasiekompartement. Die passasiers en bemanning het toegang gekry deur ’n deur aan die linkerkant van die agterste deel van die romp (lugrederye kon ook kies om hierdie deur aan die ander kant te hê). Daar was ’n vousitplek vir die kelner of kelnerin aan die agterkant van die passasierskajuit.

Inligting oor die foto's

Foto 1: Die Douglas DC-2 het 14 sitplekke gehad en hulle was langs vensters. Die sitplekke was twee weerskante van die gang gerangskik.

Foto 2: Hierdie DC-2-stuurkajuit is op 18 Julie 1935 gefotografeer. Die vlieënier en medevlieënier het langs mekaar in die ingeslote kajuit gesit.

Burgerlike variante van die DC-2 Daar was drie burgerlike variante van die DC-2, naamlik die DC-2 (125 gebou), DC-2A en DC-2B. Hierdie variante is onderskei volgens die kragbronne waarmee hulle toegerus is.

Die DC-2A’s het Pratt & Whitney Hornet-enjins as kragbronne gehad. Dit was SD-G’s van 700 perdekrag, S1E-G’s van 875 perdekrag of S2E-G’s van 800 perdekrag. Hulle opstygmassa was 8254 kilogram. Drie van hulle is gebou.

Twee DC-2B’s, wat deur LOT bestel is, was toegerus met Bristol Pegasus VI-enjins, wat ingevolge ’n lisensie deur Skoda gebou is. Hulle het ook ’n opstygmassa van 8254 kilogram gehad. Daar is twee DC-2B’s gebou.

Om die spesifieke konfigurasie van elke klant te identifiseer, is driesyfer-modelnommers by klante se DC-2-benoemings bygevoeg:

Pan American Airways en Panagra het byvoorbeeld DC-2-115A’s gehad. American Airlines het DC-2-120’s gehad. Swissair het onder andere DC-115B’s gehad. KLM het onder andere ’n DC-2-115E gehad. LAPE het onder andere ’n DC-2-115D gehad. LOT het byvoorbeeld DC-2-115F’s gehad.

Die gedeelte hierbo is op twee bronne gegrond:

Douglas DC-2-konstruksienommers Konstruksienommers begin by:

1237 tot 1261 en by 1286 tot 1335 en by 1350 tot 1352 en by 1354 tot 1378 en by 1401 tot 1422 en by 1503 tot 1521 en bestaan uit 1527 en begin by 1560 tot 1568 en by 1580 tot 1586 en by 1598 tot 1600 en by 2057 tot 2092

Militêre variante van die DC-2 duimnael|Die R2D-1 in hierdie foto is op 19 Maart 1940 by Langley afgeneem. Die eerste militêre variante van die DC-2 was vyf R2D-1’s wat in 1934 tot 1935 aan die VSA-vloot verskaf is vir gebruik deur die Mariene Korps. Die vliegtuie met die BuNos 9620, 9621, 9622, 9993 en 9994 is tussen November 1934 en Desember 1935 afgelewer.. Hierdie vliegtuie is as spesiale transportvliegtuie bedryf vir die Sekretaris van die Vloot, die Hoof van Vlootoperasies, die Kommandant van die Mariene Korps en vlagoffisiere en hulle personeel.

Burgerlike transportvliegtuie is vir die Army Air Corps verkry, en die eerste van hierdie nuwe vliegtuie was ’n DC-2-153, wat die XC-32 met die reeksnommer 36-1 geword het. Ná militêre proefnemings by Wright Field in Ohio is hy na Langley Field in Virginia geneem vir gebruik deur die GHQ Air Force. Die vliegtuig is as ’n C-32 benoem terwyl hy by Langley was en is gebruik totdat hy op 4 September 1942 ernstig in ’n landingsongeluk beskadig is. duimnael|In hierdie foto word die C-32 in 1937 naby basisoperasies op Langley Field getoon. ’n Totaal van 18 Douglas C-33’s is gebou/omskep. Hulle was DC-2-145’s met ’n DC-3-vin en DC-3-rigtingroer asook ’n vragvloer. Hulle het Wright R-1820-25-enjins van 750 perdekrag gehad. Die klant vir die DC-2-145 (C-33) was die United States Army Air Corps, en hierdie vliegtuie het die konstruksienommers 1503 tot 1520 en die reeksnommers 36-70 tot 36-87 gehad.

Die eerste taktiese transportweergawe van die DC-2 wat gebou is, was die C-33. Die eerste van 11 C-33’s is in 1936 aan die US Army Air Corps verskaf (daar is 18 in totaal gebou). Hierdie vliegtuie het vragdeure en ’n groter stertvin en rigtingroer gehad. Die reeksnommers 36-70 tot 36-87 is aan die vliegmasjiene toegeken. Die C-33 was met groot vragdeure toegerus en het die groter vin en rigtingroer van die DC-3 gehad maar nie die rugvin van die DC-3 nie.

Twee vliegtuie is as YC-34’s afgelewer maar later is hulle net C-34’s genoem. Hulle kajuite was anders ingerig as dié van die C-32. Die reeksnommers 36-345 en 36-346 is aan hulle toegeken en hulle is tot 1942 gebruik. geen|duimnael|Die YC-34 is later die C-34 genoem.

Die produksieweergawe van die C-38 was die C-39, waarvan 35 gebou is. Twee C-39’s (dié met die reeksnommers 38-513 en 38-528) is gedurende die vroeë 1940’s gedeeltelik tot die C-42-standaard opgegradeer maar hulle het hulle oorspronklike benoeming behou.

’n Totaal van 35 Douglas C-39’s is gebou/omskep. Hulle was DC-2-243’s en was die produksieweergawe van die C-38. Die klant vir die DC-2-243 (C-39) was die United States Army Air Corps (USAAC), en hierdie vliegtuie het die volgende konstruksienommers en reeksnommers gehad:

2057 tot 2059 =         38-499 tot 38-501 2061 tot 2092 =         38-504 tot 38-535

Die gedeelte hierbo is op drie bronne gegrond:

Inligting oor foto nommer 2: Douglas C-39 “62TG20” word in 1941 by Oakland-lughawe in Kalifornië in die Verenigde State gesien. Die lughawe is Oakland-Metropolitan Oakland International. Die vliegtuig is van die Sacramento-lugdepot en was vliegtuig nommer 20 van die 62ste Transportgroep, wat in Desember 1940 geaktiveer is (dit is volgens inligting wat van die internet verkry is). Dieselfde bron noem dat dit naby die einde van die rooi in die middel van die nasionale kenteken was. duimnael|Dit is die Douglas C-41. Een Douglas C-41 is gebou/omskep. Dit was ’n DC-2-253 met 14 sitplekke en hy het Pratt & Whitney R-1830-21-enjins van 1200 perdekrag gehad.

Die klant vir die DC-2-253 (C-41) was die United States Army Air Corps, en hierdie vliegtuig het die konstruksienommer 2053 en die reeksnommer 38-502 gehad.

Daar is egter ander inligting wat daarop dui dat hierdie vliegtuig ’n DC-3-253 was. Op bladsy 313 van Skyleaders word konstruksienommer 2053 aangegee as ’n C-41/DC-3-253 en word daar genoem dat die klant die USAAC en dat die reeksnommer van die masjien 38-502 was. Op bladsy 309 van DC-1/DC-2/DC-3 word aangedui dat hy ’n DC-3-253 met die registrasienommer NC15473 was wat ’n C-41 met die reeksnommer 38-502 geword het.

DC-1/DC-2/DC-3 75 Years (bladsy 15) noem dat daar onder andere verwarring oor die C-41 was. Hy (en die C-41A) is in 1938 bestel. Die C-41 het C-39-reeksnommer 38-502 gehad, maar word as ’n DC-3-253 deur Douglas benoem en het DC-3-vlerke. Die masjien het Pratt & Whitney R-1830-21-enjins van 1200 perdekrag gehad en is in 1940 as ’n persoonlike transportvliegtuig deur Generaal Henry (Hap) Arnold gebruik.

Die spesifieke hoofstuk in DC-1/DC-2/DC-3 75 Years het die titel “Douglas DC-2 Hybrids”. Gradidge noem ook dat die C-41 ’n misterie bly. duimnael|In hierdie foto van 'n C-42 kan ’n Amerikaanse Indiaan-hoof en die woorde “Flying Chief” op die voorste deel van die romp, onder die stuurkajuit, gesien word. Dit lyk dus asof hierdie vliegtuig ’n DC-2 was wat DC-3-vlerke gekry het.

Die gedeelte hierbo is op twee bronne gegrond:

Die C-42 was die finale militêre variant van die DC-2. Die vragdeur daarvan is vasgebout en is met ’n kleiner passasiersdeur vervang. Die enjins van die vliegtuig was Wright R-1820-53’s van 1200 perdekrag. Die vliegmasjien het die reeksnommer 38-503 en die konstruksienommer 2060 gehad. Hy is op 24 Maart 1939 afgelewer en is as ’n transportvliegtuig vir senior aanvoerders en hulle personeel gebruik.

Burgerlike DC-2’s duimnael|Swissair-lynvlieënier Hans Ernst staan in 1938 voor sy DC-2 in Dübendorf. Swissair het vyf DC-2’s verkry. Die redery het drie DC-2-115B’s met die konstruksienommers 1321, 1322 en 1329 (registrasienommers HB-ITI, HB-ITE en HB-ITA) en twee DC-2-115D’s/F’s met die konstruksienommers 1331 en 1332 (registrasienommers HB-ISI en HB-ITO) gehad. Die DC-2’s van Swissair het op 1 April 1935 begin om dienste tussen Zürich, Basel en Londen te onderneem.

Die Douglas DC-2-115B met die konstruksienommer 1322 is op 1 Januarie 1935 aan Fokker afgelewer en was daarna as HB-ITE in diens van Swissair (die vliegtuig was Fokker-nommer 6). Die vliegtuig word in die volgende drie foto’s as HB-ITE van Swiss Air Lines geïllustreer. Die eerste foto is in Mei 1935 geneem. Die volgende twee foto’s is op 18 Augustus 1936 geneem. (Die foto's verskyn hieronder.)

duimnael|Douglas DC-2 NC14291 van Pan American Airways Pan American Airways het 15 DC-2-118A’s/B’s vir homself en Panagra verkry, en wel soos volg:

Ses met die konstruksienommers1301 tot 1306 (NC14268 tot NC14273 Drie met die konstruksienommers 1350 tot 1352 (NC14290 tot NC14292) Vier met die konstruksienommers 1367 tot 1370 (NC14295 tot NC14390) Een met die konstruksienommer 1371 (NC14950) Een met die konstruksienommer 1600 (net vir onderdele) duimnael|Douglas DC-2-118A NC14268 van Panagra Pan American was die eerste redery om DC-2’s op sy Latyns-Amerikaanse netwerk te bedryf. Die lugredery het vliegbote op die roete Florida na Brasilië met DC-2’s vervang. Pan American Airways het die laaste van sy DC-2’s in 1941 van die hand gesit. Panagra het DC-2’s op die roete langs die weskus van Suid- Amerika, van Cristobal in die Panamakanaalsone na Santiago in Chile, gebruik. Vlugte het oor die Andes na Buenos Aires en Montivideo plaasgevind.

American Airlines het 18 DC-2-120’s verkry, en wel soos volg:

Tien met die konstruksienommers 1307 tot 1316 (NC14274 tot NC14283) Drie met die konstruksienommers 1401 tot 1403 (NC14921 tot NC14923) Een met die konstruksienommer 1406 (NC14966) Twee met die konstruksienommers 1410 en 1411 (NC14924 en NC14925) Twee met die konstruksienommers 1407 en 1412 (net vir onderdele) geen|duimnael|Die Douglas DC-2-120 met die registrasienommer NC14921 het die konstruksienommer 1401. Die vliegtuig is van American Airlines en is US Mail “A.84”. Die masjien is op 26 Mei 1935 afgelewer. duimnael|Die DC-2 met die registrasienommer PH-AJU en twee TWA DC-2’s is vir versiening op ’n lughawe. Hy het later die naam Uiver gekry.