Michael Akpovie Olise (gebore 12 Desember 2001) is ’n professionele sokkerspeler wat as ’n vleuel en aanvallende middelvelder vir die Bunderliga-klub Bayern München speel. Hy word beskou as een van die beste vleuels in die wêreld en is bekend vir sy kreatiwiteit, dribbel en styl.

Hy is gebore in Hammersmith, Groot-Londen, Engeland, en grootgemaak in Hayes, Groot-Londen, aan ’n Brits-Nigeriese vader en ’n Frans-Algeriese moeder. In ’n onderhoud met FC Bayern Magazine 51, toe hy oor sy nasionaliteit gevra is, het hy gesê: "Ek kom eintlik van vier lande: Frankryk, Algerië, Nigerië en Engeland. Ek beskou myself as baie gelukkig om hierdie vier dele te hê, wat my almal verryk. Ek voel elke individuele deel in my, ek het bande in al my lande ontwikkel."

Hy is die produk van verskeie Engelse jeugstelsel-akademies en het sy professionele debuut gemaak vir die Championship-klub Reading in 2019. In 2021 is hy deur die Premier League-klub Crystal Palace geteken, waar hy drie seisoene gespeel het en in 2024 vir die PFA Jong Speler van die Jaar genomineer is, voordat hy na Bayern München verhuis het.

Olise het Frankryk op jeugvlak verteenwoordig en is ingesluit in hul groep vir die 2024 Olimpiese Somerspele. Hy het in September 2024 sy debuut vir die Franse senior span gemaak.

Verwysings

Kategorie:Franse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 2001 Kategorie:Lewende mense