Porseleinberg is ‘n bergpiek en ‘n groep wingerdplase in die Swartland.

Ligging Die piek is by nagenoeg 33° 29′ 3″ suid en 18° 49′ oos en die wynstreek word begrens deur Riebeek-Kasteel in die noorde, Malmesbury in die weste, Hermon en die Bergrivier in die ooste en Wellington in die suide.

Naam Die naam Porseleinberg wil die indruk skep dat hier kaolien uit die omringende koppe verkry en erdewerk vervaardig is. Dit is nie die geval nie. Porselein is ‘n outydse en tans ongebruiklike naam vir die tropiese bladgroente postelein (Portulaca oleracea). Veral in die Middeleeuse kookkuns is dit gebruik. Ook kom dit voor in die lys van medisinale kruie.

Lees ook Lys van wynkelders in Suid-Afrika

Bibliografie https://swartlandwineandolives.co.za/porseleinberg-wines/ Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Vierde druk. Pretoria: Van Schaik, 1963. https://winegoggle.co.za/2020/09/16/porseleinberg-whats-in-this-name/ https://www.porseleinberg.com/

Kategorie:Wynbou in Suid-Afrika