thumb|200px|Die frekwensie van woorde in Moby-Dick; dit wys die 10 algemeenste woorde en die 21ste (whale). Die woorde met rooi aangedui (sowat 44%) kom net een keer voor en dié met blou (sowat 17%) net twee keer.
Die Wet van Zipf is 'n proefondervindelike wet waarvolgens, wanneer 'n stel waardes, soos woorde, in afnemende volgorde gerangskik word, die waarde van die de inskrywing dikwels omgekeerd eweredig is aan die rang van die woord in die frekwensietabel () – op so 'n manier dat die algemeenste woord op die lys ongeveer twee keer soveel sal voorkom as die tweede algemeenste woord, drie keer soveel as die derde algemeenste woord, ensovoorts.
Die bekendste toepassing van die Wet van Zipf is vir die frekwensie van woorde in 'n teks of korpus in 'n natuurlike taal. In die Brown-korpus (Brown University Standard Corpus of Present-Day American English) is die algemeenste woord the; die persentasie van die woord se voorkoms is 7% van alle woorde (69 971 van net oor 'n miljoen). Getrou aan die Wet van Zipf kom die tweede algemeenste woord, of, net meer as 3,5% voor (36 411 keer), gevolg deur die derde algemeenste woord, and (28 852 keer).
Die wet is genoem na die Amerikaanse linguis George Kingsley Zipf en is steeds 'n belangrike begrip in kwantitatiewe linguistiek. Dit kan toegepas word op baie ander soorte data in fisika en sosiale wetenskap.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Taalkunde