Die Lockheed L.18 Lodestar was ’n direkte ontwikkeling van die Lockheed L.14 Super Electra en het sy nooiensvlug op 21 September 1939 gehad. Hierdie vliegtuig het voorsiening vir drie bemanningslede en 14 passasiers gehad en is in Maart 1940 vir die eerste keer in gebruik geneem. Daar is uiteindelik meer as 600 Lodestars vir kommersiële en militêre diens geproduseer. Meer as 12 lugrederye op vier vastelande het teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog steeds die Lodestar gebruik. Gedurende die oorlog is die Lodestar wyd deur die United States Army Air Forces en die Amerikaanse Vloot vir die transportrol aangepas. Die militêre variante het bestaan uit die C-56 (USAAF, luukse weergawe en algemene personeeltransportvliegtuig), R50-1 (VSA-vloot-ekwivalent van die C-56), C-57 (USAAF, verskillende enjin- en kajuitinstallasies), C-59 (USAAF, 14 passasiers), R50-2 (VSA-vloot-ekwivalent van die C-59), R50-3 (VSA-vloot- luukse transportvliegtuig), C-60 (USAAF, 18 ten volle gewapende troepe) en drie VSA-vloot-ekwivalente van die C-60, naamlik die R50-4 (vier tot sewe passasiers), die R50-5 (14 passasiers) en die R50-6 (18 troepe).
Operasionele gebruik
SALM duimnael|Veldmaarskalk Jan Smuts staan by die Lockheed Lodestar met die reeksnommer 234. Die Lockheed Lodestar lyk nes die Lockheed Ventura en kon vir 12 passasiers toegerus word. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het kort voor die Tweede Wêreldoorlog 29 eenhede van hierdie vliegtuig bestel. Voordat hulle afgelewer kon word, het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en by die aankoms van die vliegtuie is hulle onmiddellik in diens van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) geplaas. Hulle is grootliks op die transportroete van die Unie van Suid-Afrika na Kaïro in Egipte gebruik. Met die aankoms van die Douglas DC-3 is die Lodestars van die pendelroete onttrek en op korter roetes gebruik. Reeksnommers in die groepe 231 tot 249 en 1370 tot 1378 is aan die Lodestars van die Suid-Afrikaanse Lugmag toegeken.
duimnael|Die Lockheed Lodestar met die reeksnommer 1371 wag om ongevalle by ’n landingsveld in die Westelike Woestyn af te voer. Altesaam 27 van die SAL se Lodestars is deur die SALM oorgeneem en SALM-reeksnommers gegee. Die SALM het die twee Rooikruis-Lodestars as ambulansvliegtuie gebruik en die nommers 1371 en 1378 aan hulle toegeken. (Lodestar 1371 word in die Fotogalery geïllustreer: Suid-Afrikaanse Lugmag-personeel dra ’n ongeval na die vliegtuig sodat hy/sy met die Lodestar afgevoer kan word.) Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het gedurende die Tweede Wêreldoorlog die Lugdiensvleuel geword, toe die Bomwerpertransportbrigade en uiteindelik Nommer 5 Vleuel. SALM-Lodestars het aanvanklik die volle SAL-kleure met SALM-kentekens en SALM-reeksnommers gehad, maar is later in ’n kamoefleerskema van donkergroen en donker grond op die boonste oppervlakke en hemelblou op die onderste oppervlakke oorgeverf. Die ambulansvliegtuie het prominente rooi kruise gehad. Die Lodestars is deur verskillende vlugte van Nommer 5 Vleuel by Lugmagstasie Germiston bedryf. Die Lodestar met die reeksnommer 234 is ná die Tweede Wêreldoorlog deur Nommer 28 Eskader as BBP-vliegtuig vir die Eerste Minister behou.
SAL Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) was ’n belangrike gebruiker van die Lodestar, maar oorlog het uitgebreek voordat daar met aflewering aan die SAL begin kon word en die vliegtuie is direk na die SALM oorgeplaas. Die SAL het oorspronklik 29 eenhede bestel. Nog twee vliegtuie is gedurende 1941 aan die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging afgelewer.
Ses vliegtuie het in laat-1944 na SAL-diens teruggekeer. Verdere vliegtuie is ná die Tweede Wêreldoorlog aan die SAL terugbesorg. ’n Totaal van 19 vliegtuie was teen 1948 in diens van die SAL, wat die twee Rooikruisvliegtuie ingesluit het. Die Lodestars is op die SAL se binnelandse en streeksdienste gebruik. Daar is vanaf 1950 oor die Lodestars beskik, en die laaste van hulle is in 1955 aan diens onttrek. geen|duimnael|250x250px|Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het 29 Lodestars bestel, maar hulle is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die SALM gebruik. Die SAL het die Lodestar van 1944 tot 1955 op sy binnelandse en streeksdienste gebruik.
Vlootlys
Die name in die lys hieronder is oorspronklike name en nie die naoorlogse name nie; bevestigde name verskyn in vetdruk. Registrasie Konstruksie-nommerSALM-reeksnommerNaamNotaZS-ASJ(1) 2015231Richard KingZS-ASK2016232ZS-ASL(1)2017233Andries PretoriusZS-ASM2019237Sir Harry Smithná die oorlog nie terug na die SAL nieZS-ASN(1)20261372later statiese uitstalling by SALZS-ASO20291370Lord de VilliersZS-ASP2030234ZS-ASR2032235ZS-ASS2033236Daniel LindleyZS-AST(1)2034 teruggehou om lugrederydiens namens SAL te bedryf;neergestort op 28 Maart 1941ZS-ASU20351373ZS-ASV20361377Sir J Gordon SpriggZS-ASW2037238Sir JC MoltenoZS-ASX2038239Kmdt Louw WepenerZS-ASY2044240Harry EscombeZS-ASZ2045241Onze JanZS-ATA20461374Jan van RiebeeckZS-ATB2047242Lord Charles SomersetZS-ATC20481375Simon van der StelZS-ATD2050243Sir Benjamin D’UrbanZS-ATE2051244Earl of CaledonZS-ATF2052245Erasmus SmitZS-ATG2053246Sir John CradockZS-ATH2054President Burgersneergestort te Wingfield op afleweringsvlugZS-ATI2055249Gerrit MaritzZS-ATJ2056247Thomas HalsteadZS-ATK2057248Major WardenZS-ATL2058hierdie vliegtuig was teruggehou vir toegewyde amptelikegebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweëadministrasie;later by SALM-museum vertoonZS-ATM20661376ZS-AVS20691371SA Rooikruis-vliegtuigZS-AVT21371378SA Rooikruis-vliegtuig Nota: Bostaande tabel is gegrond op Spring en Becker.
Beskikkings, ongelukke, naoorlogse Lodestar-vloot en individuele name Let daarop dat die eerste drie Lodestars vir gebruik in die ontruiming van Kreta aan die Britse Koninklike Lugmag (RAF) verkoop is. RegistrasieNaamLotZS-ASJna RAF as AX685ZS-ASKna RAF as AX686ZS-ASLna RAF as AX687ZS-ASMverkoop as CR-ADJ, bedryf deur DETA, in 1964 by Maputo aan diens onttrekZS-ASNAndries PretoriusgepreserveerZS-ASOLord Charles Somerset het VP-KHV geword (1951 geregistreer, bedryf deur EAAC); verkoop as N65CZS-ASPRichard KingJulie 1955 verkoop as N667ZS-ASRnieoperasioneel, vir onderdeleZS-ASSSALM 23618 November 1941 neergestortZS-ASTneergestort op 28 Maart 1941ZS-ASUPiet Retief as VP-KHW verkoop (1951 geregistreer, bedryf deur EAAC); terug na ZS-DHK (1953 geregistreer); toe na SE-CDR, N6064V, N102VZS-ASVSimon van der Stel1 Februarie 1959 afgeskryfZS-ASWSir Benjamin D’Urban5 Januarie 1948 onherstelbaar beskadigZS-ASXWillem Adriaan van der StelJunie 1950 (of in 1951) as VP-KHX verkoop; toe na N94550ZS-ASYSir Harry SmithJulie 1953 as N669 verkoopZS-ASZSALM 24117 Junie 1941 neergestortZS-ATAAlexander BiggarJulie 1955 as N670 verkoopZS-ATBPresident Brandas VP-KHY verkoop (1951 geregistreer, bedryf deur EAAC); toe na N94547 en toe N56MZS-ATCHendrik Swellengrebelas VP-KHZ verkoop (in 1951 geregistreer, bedryf deur EAAC); toe na N94548 en toe CF-FYRZS-ATDSir George GreySeptember 1950 of in 1951 as VP-KIA verkoop (bedryf deur EAAC); toe terug na ZS-DHL (1953 geregistreer)ZS-ATERyk Tulbaghas VP-KIB verkoop (in 1951 geregistreer, bedryf deur EAAC); toe na N94546, N57M en N777ZZS-ATFSir Hercules RobinsonNovember 1954 as CR-AEP verkoop (bedryf deur DETA); in 1962 as KA31 na die Katanga-lugmagZS-ATGSALM 2466 Mei 1942 neergestortZS-ATHneergestort te Wingfield op afleweringsvlugZS-ATIGeneral JW JanssensSeptember 1955 as N671 verkoop; toe na XB-MARZS-ATJSALM 24713 April 1943 neergestortZS-ATKSALM 24819 Desember 1942 neergestortZS-ATLJan van RiebeeckgepreserveerZS-ATMSir John Cradockas VP-YWY verkoop (1964 geregistreer); toe na 9J-RBM, VP-WCN (1968 geregistreer, bedryf deur Hunting Surveys); Februarie 1970 by die Randse Lughawe opgebreekZS-AVSLouis TrichardtJulie 1955 as N672 verkoopZS-AVTPresident Burgersas N673 verkoop
Nota: Bostaande tabel is gegrond op Spring, Brent en Air-Britain 1981.
SAL-museumvliegtuig, Lockheed L.18-08 Lodestar ZS-ASN kon.-no 2026 Die eerste museumvliegtuig wat deur die SAL verky is, was Lockheed L18-08 Lodestar ZS-ASN. Hy het per pad op 3 Desember 1973 in die SAL- tegniese gebied aangekom en is in Loods 4 gestoor. Die vliegtuig is deur die Vakleerlingopleidingskool gerestoureer en is vir die eerste keer in die openbaar vertoon tydens ’n opedag wat op 10 Oktober 1975 in die tegniese gebied gehou is. Die konstruksienommer van hierdie vliegtuig is 2026.
Die Lockheed Lodestar-vliegtuie is net voor die Tweede Wêreldoorlog deur die SAL bestel en nadat oorlog ’n aanvang geneem het, is die vliegtuie deur die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) in gebruik geneem. Die vliegtuie is vanaf 8 Julie 1941 vir die pendeldiens tussen Suid-Afrika en Egipte gebruik. Die meeste van hulle was in ’n kamoefleerskema van donkergroen, donker grondkleur en hemelblou onderkante geverf.
Ná die Tweede Wêreldoorlog het ZS-ASN deel van die SAL-vloot geword. Sy laaste vlug vir die SAL, ’n opleidingsvlug onder leiding van Kaptein Kenneth “Toddy” Bain, het op 18 Maart 1955 plaasgevind. Die vliegtuig is in April 1955 aan die Aircraft Operating Company (AOC) verkoop en is in ’n lugopmetingsmasjien omskep en is Afrika-wyd vir lugopmetingswerk gebruik totdat hy aan diens onttrek is. Hy is deur ’n Douglas DC-3 vervang, wat ook ZS-ASN geregistreer is.
Lodestar ZS-ASN nommer 1 was die eerste vliegtuig wat vir tentoonstelling in die voorgestelde Spoorwegmuseum by Esselenpark verkry is. Esselenpark was baie naby die eertydse Jan Smuts-lughawe (nou O.R. Tambo Internasionale Lughawe) geleë. AOC het die vliegtuig aan die SAL geskenk en hy is op 3 Desember 1973 onder leiding van mnr. A.P. Nel deur ’n span van die SAL-vakleerlingopleidingskool vanaf Grand Central-lughawe naby Halfweghuis vervoer. Die vliegtuig is sonder sy vlerke in Loods 4 by Jan Smuts-lughawe gestoor.
Die SAL-vakleerlingskool het in 1974 met die restourasieproses begin. ZS-ASN(1) skitter nou in sy oorspronklike na-oorlogse SAL-kleure. Hierdie besondere vliegtuig is van belang omdat hy die oudste bestaande vliegtuig in Suid-Afrika is en deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik is.
Die vliegtuig is nou deel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens-museumvereniging se versameling by die Randse Lughawe.
Lodestar Andries Pretorius
Op 24 September 1940 aan die SAL oorhandig Aan boord die motorvaartuig Tigre na SA verskeep Op 7 November 1940 as 1372 na SALM Op 9 Februarie 1946 as ZS-ASN terug na SAL Op 22 April 1955 aan Aircraft Operating Company afgelewer Februarie 1973 registrasie gekanselleer
Ander instansies wat die Lodestar bedryf het
Commercial Air Services het vier Lodestars gedurende die 1950’s gebruik. Hulle het die registrasienommers ZS-ASV, ZS-ATL, ZS-DHK en ZS-DHL gehad. Aircraft Operating Company het die Lodestars ZS-ASN, ZS-ATM en ZS-DHL op verskillende tye gebruik. Twee van hulle is gedurende hulle opmetingstake in ander lande geherregistreer. Een L.18-40 is van 1946 tot 1951 as luukse vliegtuig met die naam St George deur Mitchell Cotts gebruik. Die registrasies ZS-BZD en ZS-BZE is in 1948 vir P Konisky aan twee C-60A’s toegeken. Vyf Lodestars is vir ’n kort tyd op naam van Bell Aviation in Suid-Afrika geregistreer. Die L.18-56 Learstar met die registrasienommer ZS-NPI is deur National Process Industries ingevoer.
Hierdie paragraaf is gegrond op Becker. geen|duimnael|250x250px|Hierdie foto van die Lodestar met die konstruksienommer 18-2058 (as ZS-ATL in ’n Comair-kleurskema) is op 2 September 1974 by die Randse Lughawe geneem.
SALM-museumvliegtuig ZS-ATL