John Chapman (26 September 177418 Maart 1845), beter bekend as Johnny Appleseed, was 'n Amerikaanse pionier en boomkweker wat bome wat uit appelsaad gekweek is (in plaas van bome wat deur enting gekweek isMacDonald, Peter T. The manual of plant grafting: practical techniques for ornamentals, vegetables, and fruit. Timber Press, 2014.) na groot dele van Pennsilvanië, Ohio, Indiana, Illinois en die Kanadese provinsie Ontario, asook die noordelike distrikte van Wes-Virginië, versprei het. Hy het reeds tydens sy leeftyd 'n Amerikaanse ikoon geword vanweë sy vriendelike en vrygewige aard, sy leierskap in natuurbewaring, en die simboliese betekenis wat hy aan appels toegeskryf het.

Hy het ook 'n groot liefde vir diere gehad. Volgens een verhaal het hy gehoor dat 'n perd uitgesit sou word, waarna hy die perd gekoop het, 'n paar grasryke akkers naby aangekoop het en dit daar laat herstel het. Toe die perd gesond geword het, het hy dit aan iemand in nood geskenk, mits die persoon belowe om dit menslik te behandel."Johnny Appleseed, Orchardist," saamgestel deur die personeel van die Openbare Biblioteek van Fort Wayne en Allen County, November 1952, bladsy 26 Gedurende sy latere lewe was hy 'n vegetariër. .

Hy was die inspirasie vir baie museums en historiese terreine soos die Johnny Appleseed-museum in Urbana, Ohio, en word vandag erken as 'n Amerikaanse volksheld. Hy is soms beskryf as 'n "Amerikaanse Dionusos", aangesien appels van bome wat nie geënt is nie meestal oneetbaar is, en dus geskik is vir sider, 'n drank wat baie gewild was in die 19de eeu.

Verwysings

Kategorie:Amerikaners Kategorie:Geboortes in 1774 Kategorie:Sterftes in 1845