Wuhan武汉市 (amptelik) / 武汉 280px Kaart Wapen 180px|senter 90px|senter Vlag 75px|senter Land Provinsie Hubei Koördinate Stigting 1709 Oppervlakte: - Totaal 1 528 vk km Hoogte bo seevlak 77 m Bevolking: - Stedelik (2018) 8 896 900 - Bevolkingsdigtheid 5 823/vk km - Subprovinsiale stad 11 081 000 - Metro (2018) 19 miljoen Tydsone UTC+8 (CST) Burgemeester Zhou Xianwang Amptelike webwerf Wuhan
Wuhan (Chinees: [ù.xân], ; Vereenvoudigde Chinees: 武汉; Tradisionele Chinees: 武漢) is die hoofstad van die provinsie Hubei in die sentrale Volksrepubliek China met 'n oppervlakte van 1 528 vierkante kilometer en 'n bevolking van byna 8,9 miljoen. Die stad is in die oostelike Jianghan-vlakte naby die samevloeiing van die Yangtze- en Han-riviere geleë en is tans die politieke, ekonomiese, finansiële, kulturele, opvoedkundige en vervoersentrum van Sentraal-China. Talle belangrike spoorlyne, paaie en snelweë loop deur die stadsgebied.
Die revolusie van 1911, wat vanuit Wuhan oor die hele land versprei het, het tot die omverwerping van die keiserlike bewind in China gelei. In die 1920's het Wuhan as die hoofstad van 'n linksgesinde Kuomintang-regering onder Wang Jingwei gefungeer wat homself in opposisie tot die partyleierskap onder Chiang Kai-shek gevind het. Die huidige stad is met die samesmelting van drie voormalige stede, Wuchang, Hankou en Hanyang, tot 'n gemeenskaplike munisipaliteit gevorm in 1927.
Wuhan was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2007.
Klimaat
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China