Radiotelegrafie is die oordrag van teksboodskappe deur radiogolwe, soortgelyk aan elektriese telegrafie via kabels. In radiotelegrafie word inligting gestuur as kort en lang radiogolfseine, "punte" en "strepe", wat teks in Morse-kode spel.

Dit was die eerste vorm van radiokommunikasie en bly gewild in amateurradio, waar dit algemeen as CW (continuous wave / deurlopende golf) bekend staan.

Werking

In 'n handmatige stelsel druk die sender-operateur op 'n skakelaar genaamd 'n telegraafsleutel, wat die radiosender aan- en afskakel en so radiogolfpulse produseer. By die ontvanger word die pulse gehoor as pieptone in die luidspreker of oorstuk, wat deur 'n operateur na teks vertaal word.

By outomatiese stelsels gebruik teleskrywers aan beide kante 'n kode soos die Internasionale Telegraaf-alfabet en produseer uitgedrukte teks.

Geskiedenis

Vroeë geskiedenis

Die telegrafie-netwerk- sedert die 1830's ontwikkel - was die eerste onmiddellike telekommunikasiestelsel. Teen die 1860's was dit die standaard manier vir dringende kommersiële, diplomatieke en militêre boodskappe, met onderseese telegraafkabels wat oseane oorbrug het. Die relatiewe kort lewensduur van kabelnetwerke het die soektog na 'n draadlose alternatief aangedryf.

Marconi en die begin van radio

Die eerste praktiese radiosenders en -ontvangers, uitgevind in 1894–1895 deur Guglielmo Marconi, het radiotelegrafie gebruik. Dit was vir die eerste paar dekades die enigste vorm van radiokomminukasie - 'n tydperk wat die "draadlose telegrafie-era" genoem word, tot met die Eerste Wêreldoorlog.

Vanaf omstreeks 1908 het kragtige transosianiese radiotelegrafie-stasies kommersiële telegramverkeer teen tot 200 woorde per minuut tussen lande oorgedra.

Modulasiemetodes

Tydperk Metode Kenmerk Tot ~1920 Vonkgaping Gedempte golwe, breë bandwydte, steurend — verbied teen 1934 Na 1920 Vakuumbuis Deurlopende golf (CW), steeds in gebruik WOII en later Frekwensieverskuifsleuteling (FSK) Hoofsaaklik vir radioteleeks (RTTY) netwerke

Militêre en strategiese belang

Radiotelegrafie het tydens die twee Wêreldoorloë strategies noodsaaklik geword — 'n nasie sonder langafstand radiotelegrafie staties kon van die res van die wêreld afgesny word deur 'n vyand wat sy onderseese kabels afsny.

Agteruitgang en vervanging

Teen die 1950's is kommersiële radiotelegrafie deur radioteleeksnetwerke vervang. Die vereiste dat Maritieme radio-operateurs Morse-kode vir noodkommunikasie moes gebruik — het in 1999 geëindig toe die Internasionale Maritieme Organisasie oorskakel na die satelliet-gebaseerde GMDSS-stelsel.

Hedendaagse gebruik

Amateurradio: CW is die tweede gewildste modus wêreldwyd, onder byna 20% van alle operateurs (2021, Klub Log-analise van meer as 700 miljoen verbindings). Slegs die digitale modus FT8 (~60%) is gewildêr. Militêr: Seinoperateurs word steeds in Morse-kode opgelei vir noodkommunikasie. Lugvaart: VHF-omnidireksiestasies (VOR) en nie-direksionele bakens (NDB) send steeds hul identifiseerders in Morse-kode uit. Museum: Die CW-kusstasie KSM in Kalifornië word deur vrywilligers bedryf en maak af en toe nog kontak met skepe.

Sedert 2003 word Morse-kode-kennis nie meer in die meeste lande vereis vir 'n amateurradio-lisensie nie, alhoewel sommige lande dit nog vereis vir hoër lisensiekategorieë.

Tegniese aanduiding

Die ITU klassifiseer draadlose telegrafie as emissietipe A1A (CW) of A2A (gemoduleerde CW). Dit staan ook bekend as:

CW — Continuous Wave (deurlopende golf) ICW — Interrupted Continuous Wave OOK — On-Off Keying

Verwysings

Sien ook

Morse-kode Q-kode Amateurradio Guglielmo Marconi Radioteleks GMDSS

Kategorie:Telekommunikasie Kategorie:Radio Kategorie:Geskiedenis van tegnologie