Malpighiaceae is 'n familie van blomplante in die orde Malpighiales. Dit omvat omtrent 71 genera en 1 315 spesies, waarvan almal inheems aan die trope en subtrope is. Sowat 80% van die genera en 90% van die spesies kom in die Nuwe Wêreld voor (spesifiek die Karibiese gebied en die mees suidelike Verenigde State tot Argentinië) en die res in die Ou Wêreld (Afrika, Madagaskar, en Indomaleia tot Nieu-Kaledonië en die Filippyne).

Een nuttige spesie in die familie is Malpighia emarginata, wat dikwels as die acerola bekend staan. Die vrug word benut in areas waar die plant inheems is, maar word ook elders ter wille van die vrugte verbou wat ryk aan vitamien C is.

Nog 'n lid van die familie, die caapi of yagé (Banisteriopsis caapi), word in die enteogeniese brousel bekend as ajahuaska aangewend.

Een kenmerk wat by etlike lede van die familie voorkom, en selde in ander, is die verskaffing van belonings aan bestuiwers anders as die gewone stuifmeel of nektar; dit is dikwels in die vorm van voedingsolies, terwyl harse deur die Clusiaceae verskaf word.

Genera 71 word aanvaar.

Acmanthera Acridocarpus Adelphia Alicia Amorimia Aspicarpa (sinoniem Gaudichaudia ) Aspidopterys Banisteriopsis Barnebya Blepharandra Brachylophon Bronwenia Bunchosia Burdachia Byrsonima Calcicola Callaeum Camarea Carolus Caucanthus Chlorohiptage Christianella Coleostachys Cottsia Diacidia Dicella Digoniopterys Dinemandra (sinoniem Dinemagonum ) Diplopterys Echinopterys Ectopopterys Excentradenia Flabellaria Flabellariopsis Galphimia Glandonia Glicophyllum Heladena (sinoniem Henleophytum ) Heteropterys Hiptage Hiraea Janusia Jubelina Lasiocarpus Lophanthera Lophopterys Madagasikaria Malpighia Malpighiodes Mamedea Mascagnia Mcvaughia Mezia Microsteira Mionandra (sinonieme Cordobia en Gallardoa ) Niedenzuella Peixotoa Philgamia Psychopterys Pterandra Ptilochaeta Rhynchophora Schwannia Spachea Sphedamnocarpus Stigmaphyllon Tetrapterys Thryallis Triaspis Tricomaria Tristellateia Verrucularina

Verwysings

Davis, C.C., en W.R. Anderson. 2010. A complete phylogeny of Malpighiaceae inferred from nucleotide sequence data and morphology. American Journal of Botany 97: 2031–2048. Michener, C.D. 2000. The Bees of the World. Johns Hopkins University Press. 913 pp. (p. 17-18) Vogel, S. 1974. Ölblumen und ölsammelnde Bienen. [Tropische und subtropische Pflanzenwelt. 7]. 267 pp.

Eksterne skakels

Malpighiaceae Malpighiaceae - beskrywing, taksonomie, filogenie, literatuur, en nomenklatuur

Kategorie:Plantfamilies