Caspersnek is ‘n historiese bergpas in Mpumalanga.
Hierdie unieke grondpad van 12 km in lengte verbind Ohrigstad, die Blyderivierspoort en Pelgrimsrus. Dit lê by 24° 44′ 02″ suid, 30° 43′ 09″ oos en nagenoeg op die grens tussen Limpopo en Mpumalanga. Dit bereik ‘n hoogte van 1396 m bo seespieël en ‘n maksimum helling van 1:7. Die steilste deel van die pad is aan die westekant. Daar is meer as 22 draaie en een duidelike haarnaalddraai.
Die pas is gebou deur Capser Kruger, die pa van Paul Kruger. In die 1840’s het die Voortrekkers die pad gebruik. Andries Hendrik Potgieter en Carolus Tregardt is hierlangs met hul ossewaens na Maputo.
Bibliografie https://mapcarta.com/14373596 https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/mpumalanga/84-caspers-nek.html https://sahistory.org.za/place/casper-nek-pass https://www.sa4x4.co.za/travel-casper-s-nek-pass/ van der Merwe, A.P.: Die Eerste Pad van Ohrigstad na Lourenco Marques. In: Historia. https://upjournals.up.ac.za>article>download
Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika