Balule satellietkamp is sekerlik die mees tradisionele kamp in die Krugerwildtuin.
Balule bestaan uit 'n kampeerterrein met 15 staanplekke en ses rondawels met 3 beddens elk, geleë direk op die suidelike oewer van die Olifantsrivier, voorheen bekend as Ngotsamond. Daar is geen elektrisiteit, restaurant of winkel nie, maar wel warm lopende water in die opwas- en ablusiegeriewe, asook gemeenskaplike vries/yskaste, almal deur gas aangedryf.
Alhoewel die kamp digby Olifantskamp geleë is, is dit 'n satellietkamp en gaste moet by Olifantskamp of Satara aanmeld voor hul aankoms by Balule.
Gesondheidsrisiko Die tropiese siekte malaria kom in die laeveld voor, en besoekers moet die nodige voorsorg daarteen tref. 'n Dokter, apteker of reisburo kan vooraf geraadpleeg word.
Ander kampe in die wildtuin Berg-en-Dal Krokodilbrug Letaba-ruskamp Mopani-ruskamp Olifantskamp Onder-Sabie Orpen Pretoriuskop Punda Maria Satara Shingwedzi Skukuza
Kategorie:Krugerwildtuin